Tiger se vrou is ’n ware tier!

E-pos
Print
Tiger Woods (Photo: Elite)
Tiger Woods (Photo: Elite)

Sedert haar lewe in duie gestort het en banieropskrifte wêreldwyd haar huweliksprobleme uitbasuin, het die beeldskone Sweedse blondine nog geen woord daaroor in die openbaar gerep nie.

Terwyl Tiger Woods veg om sy loopbaan en huwelik te red, het sy vrou stil-stil by haar ma en tweelingsuster gaan troos soek. Maar moet Elin Nordegren nie onderskat nie – sy is taaier as wat sy lyk.

Die wêreld het iets daarvan te sien gekry die nag toe sy Tiger met ’n gholfstok bygekom het toe nog een van sy sekskapades op die lappe kom. Maar eers het sy hom op hul erf in ’n gholfkarretjie rondgejaag.

As die 29-jarige skoonheid nie daardie nag buite haarself van woede was nie, sou Tiger dalk nooit in daardie brandkraan vasgejaag het nie. Dan sou die wêreld dalk nie geweet het van al die vroue op die gholfspeler se kerfstok nie.

Elin bevind haarself nou in ’n magtige posisie: As sy die huwelik wil laat werk, kan sy, sê mense in die binnekringe. Die toekoms sal vir Tiger veel rooskleuriger lyk as sy by hom bly. Met haar aan sy sy kan hy weer sy aanhangers se vertroue wen en dalk selfs van die borge met groot geld teruglok wat hulle vinniger onttrek as wat hy ’n sethou kan slaan.

Maar op die oomblik heers daar groot onsekerheid. Elin is sonder haar trouring opgemerk en het pas haar eie herehuis op die Sweedse eiland Faglaro gekoop. Sy het ook al klaar by die glansmense se skeiprokureur, Sorrell Trope (82), gaan aanklop.

In sy 60 jaar lange loopbaan het hy bekendes soos Cary Grant, Nicole Kidman, Nicolas Cage en Britney Spears verteenwoordig.

Volgens berigte oorweeg sy dit om Tiger eerder in Kalifornië, waar die egpaar ’n huis het, om ’n egskeiding te dagvaar, al woon hulle in Florida. Kragtens Kaliforniese wetgewing kan sy aanspraak maak op die helfte van die fortuin van $600 miljoen (sowat R4,5 biljoen) wat hy in hul huwelik van vyf jaar verdien het.

Lees meer oor Elin en die Tiger-skandes in Huisgenoot van 31 Desember.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (2)


  1. Danie
    2010/03/03 12:13:23
    Dagse
    Hierdie artikel grens vir my net soos die nuutste van Nicola Whitfield aan die absurde. Ek glo enige joernalis/skrywer kan seker net oor die goeie of die slegte skryf. Die slegte maak egter meer geld. Soms skryf mense artikels asof hulle dit op die sypaadjie sou staan en aanskou het. Hoe weet jy hy is met die gholfstok gejaag/geslaan? Daar gelaat. Nicola laat 'n frank smaak. Sy is net ingestel op die man se negatiewe, shame, ek wonder watse tipe lewe het die skrywer, klink vir my maar bitter, om die man 'n akteur te noem? Het die skrywer, Nicola al ooit berou gehad, of verskoning gevra, of dalk verneuk? Hoop jy het 'n goeie lewe. Ek glo daar is meer mense wat Tiger geglo, en vergewe het, as rubriekskrywers. Altans, ek sou dalk doen wat my God sou: VERGEWE. Danie
  2. sniper doll
    2010/02/23 07:01:56 nm

    slaan hom poppie slaan hom sommer met `n hout man
    you rule