Sokker se nuwe helde

E-pos
Print
Wesley Sneijder van Nederland
Wesley Sneijder van Nederland

WAYNE ROONEY, Christiano Ronaldo, Didier Drogba, Fernando Torres...

Vroeg verlede maand nog was ons skoon koorsig van opwinding oor dié superhelde van sokker wat ons asems hier in Suid-Afrika sou kom wegslaan.

Maar hoe het die helde toe nie geval nie. Hul vertoning by vanjaar se Fifa-wêreldbekertoernooi was met twee woorde ’n reuse teleurstelling.

Waar was Ronaldo se briljantheid, Rooney se meedoënloosheid, Drogba se betroubaarheid, Torres se flair? Die asemrowende oomblikke is toe almal deur relatief onbekende jong spelers verskaf, meestal onbekend in internasionale sokker.

So moes die helde van gister toe plek maak vir vandag se nuwe jong sterre. Ons kyk na ’n klompie wat vorentoe nog opslae kan maak.

WESLEY SNEIJDER (NEDERLAND)
Ouderdom: 26
Posisie: Middelveldspeler
Doele: 5
Hy sal altyd bekendstaan as die ou wat Brasilië uit die Wêreldbeker van 2010 geboender het. Nou weet ons waarom Jose Mourinho, die afrigter van Inter Milan, vanjaar se Europese kampioenspan, onlangs gewonder het waarom Real Madrid Wesley ná net twee seisoene laat gaan het. Die talentvolle speler het bewys hy is ’n sleutel tot die Oranjes se sukses. Hy kan met albei voete skop, is blitsvinnig en skep geleenthede vir sy spanmaats.

Lees meer oor die ander sokkerhelde in die Huisgenoot van 15 Julie 2010



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (4)


  1. Frans Adriaanse
    2010/07/12 12:26:27 nm
    Heel goed om op deze, toch wel dag met DE KATER , zo'n een bericht te lezen.
    Ook mijn dank aan Zuid Afrika voor het mooie WK. Ik ga zowaar houden van ZA en
    jullie mooie taal heel leuk

    PS.
    En vanavond eten we inktvis (pauli ) als hoofdgerecht, en kanarie als toetje..

    Groeten uit MADE (NB) Nederland
  2. Wina
    2010/07/11 02:51:44 nm
    Go, Go, Wesley. Bring us the Cup. And congratulations on your wedding to Yolante.
  3. M. Kerklaan
    2010/07/10 10:56:44 nm
    Prachtig om Afrikaans te lezen, een met Nederlands zeer verwante taal.
    Voor ons makkelijk te lezen en te begrijpen, verstaan is wat lastiger als het snel wordt gesproken.

    Dank voor jullie perfecte toernooi organisatie en hopelijk wint Nederland morgen (3x is scheepsrecht !!) eindelijk de wereldtitel.

    Groeten uit Rotterdam, Nederland.
  4. B.J.
    2010/07/10 03:25:30
    Wesley, veel succes gewenst a.s. zondag tegen die Spanjolen. Maak ze af! Als wraak voor die 80 jarige oorlog! En vergeet even dat je vriendin Yolante half Spaans is :-) Schrijf geschiedenis jongen. Dit is je kans! Doe het voor ons! Groeten uit Nederland.