Skatryk erfgenaam se skokdood

E-pos
Print
Casey Johnson (Foto: Elite)
Casey Johnson (Foto: Elite)

Sy sou biljoene dollars erf, maar is die ewigheid in sonder ’n sent op haar naam.

Haar lewe was veronderstel om ’n sprokie te wees, maar dit was allesbehalwe, vertel ’n kennis van Casey Johnson (30).

Die erfgenaam van die farmaseutiese reus Johnson & Johnson was in haar laaste dae so platsak dat sy skaars petrol in haar motor kon gooi, en die krag en water by haar huis is afgesny.

Die ‘‘baba-olie-erfgenaam’’, soos sy spottenderwys gedoop is, moes gereeld by haar vriende bakhand staan en sy was so agter met die paaiemente van haar peperduur Porsche dat sy dit in die motorhuis weggesteek het sodat hulle nie daarop beslag kon lê nie.

Haar ouers het haar nie meer ’n sent gegee nie. Dit was hul laaste, desperate poging om haar te red uit die dwelmhel waarin sy versink het. En nou treur hulle oor die dogter wat hulle tog ontglip het...

Casey se lewe is tragies kortgeknip en sy is kort ná Nuwejaar dood in haar huurhuis in Los Angeles aangetref. Sy was toe reeds drie dae dood.

Van haar rykmanslewe was nie veel oor nie. Haar huis het gewemel van die rotte. ‘‘Daar was oral vuil borde en kos wat sleg geraak het,’’ vertel ’n bron. ‘‘Daar is ook graffiti op die mure en die swembad lyk soos ’n moeras.’’

Hulle het dié dag lankal sien kom, sê mense na aan haar. As kind is diabetes by Casey gediagnoseer. Sy was van insulien afhanklik, maar het haar gesondheid afgeskeep en was die laaste paar maande meer as een keer in die hospitaal omdat sy nie haar insulien geneem het nie.

Sy het twee keer in ’n diabetiese koma verval. Ten spyte van alles wat haar familie se fabelagtige rykdom haar kon bied, was sy klaarblyklik nie ’n gelukkige meisie nie, en twee maande gelede het sy probeer selfmoord pleeg.

‘‘Ek het ’n hoop pille gedrink en gaan vir ewig slaap,’’ het sy ’n eks in ’n teksboodskap laat weet. Daardie keer kon sy darem gered word.
Lees die res van Casey se tragiese verhaal in Huisgenoot van 21 Januarie.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (8)


  1. Danie
    2011/09/26 12:07:13 nm
    Die ewige woord van die lewende God se" wat baat dit die mens as hy/sy die hele wereld wen en aan sy/haar siel skade ly" Dis so jammer dat sy so moes sterf want dit was so onodig.Die volle prys is reeds betaal vir elkeen se sonde, as ons tog net daarvan gebruik wou maak.Ouers bid vir julle kinders en wees 'n voorbeeld.
  2. Annie-May
    2011/05/26 03:10:02 nm
    Ja, Casey het ALLES gehad (en besit) maar net nie 'haarself' nie!!
  3. lezette
    2011/04/15 01:52:15 nm
    shame
  4. Monica
    2011/01/11 09:43:17 nm
    Wat n ongelukkige,pragtige meisie. Het hy ouers maar eerder ingegryp en haar probeer help! Om die geldelike toelaag te staak is nie help nie!!
  5. Marianne
    2010/11/03 10:44:10 nm
    Is dit nie die grootste hartseer van ons tyd nie??? die duiwel en sy dwelms steel ons kinders se siele en dan draai sommige ouers hulle gesig weg en ontken dit...dit is nie hulp nie ...daar is altyd hoop...glo ek.
    Ondersteun jou kind en red hom .....al is dit al wat jy kan doen....red hom aanhoudend....maar red hom om homself te red....daar is soveel maniere ....waarom het hulle toegelaat dat sy net vergaan? Nee hoor mens draai nie jou rug op emosionele verpletterde kinders nie.
  6. Google is jou vriend
    2010/08/08 07:50:08 nm
    @Julius: Vir die Amerikaners is 'n biljoen 'n duisend miljoen, vir ons in SA beteken 'n biljoen 'n miljoen miljoen dws 10 tot die mag 12, dus 1.000.000.000.000
  7. Julius
    2010/05/20 12:18:05 nm
    Wat is n biljoen?
  8. Felicia
    2010/03/05 12:49:15 nm
    Die moet 'n "eye opener" wees vir almal jonk, oud, lelik, mooi, ryk of arm dit geld vir almal nie net die minder bevoorreg nie.