Seun wou al op 6 selfmoord pleeg

E-pos
Print

Evan Perry was net ses toe hy vir sy ma sê hy wil sterf. Ná verskeie mislukte pogings het

hy toe wel selfmoord gepleeg, amper 10 jaar nadat hy dié woorde vir sy ma gesê het.

In die jongste Huisgenoot (6 Mei 2010) praat Dana Perry (46), wie se dokumentêre rolprent Boy Interrupted die tragiese verhaal van haar seun vertel, oor die verskrikking om jou kind te hoor sê hy wil doodgaan.

Hier is 'n uitreksel van die artikel:

Dit is enige ouer se nagmerrie dat jou kind voor jou sal sterf. As nuwe ma was my twee grootste vrese dat
Evan ’n siekte sou opdoen of in ’n fratsongeluk seerkry. Dit was my plig om hom te beskerm.

Maar hoe beskerm jy ’n kind teen homself? Op 15 jaar, ná kinderjare waarin hy verskeie mislukte selfmoordpogings aangewend het, het hy uiteindelik geslaag. Hy het ná ’n rusie oor sy huiswerk uit sy slaapkamervenster op die vierde verdieping na sy dood gespring.

Evan se laaste woorde aan my was: “Ek haat jou, Ma.”

In daardie stadium het ek dit as een van sy buie afgemaak, maar ure later het my grootste nagmerrie waar geword.

Ek het altyd geweet hy is anders as ander kinders. Hy was baie intens en het in sy eerste skooljaar donker gedigte geskryf.

Ek onthou een wat begin het met: “I feel like an owl in the day.”

Ek het geweet hy voel asof hy nie inpas nie. Sy gesig was altyd onder die kappie van ’n top weggesteek.

“Ek wil protesteer,” het hy dikwels gesê. “Teen wat?” het ek gevra. “Enigiets,” het hy dan geantwoord. Dit was hy teen die wêreld.

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 6 Mei 2010.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (24)


  1. Alley
    2011/05/19 03:43:27 nm
    My man is met Bipolar gediagnoseer en 4 weke gehospitaliseerd gewees laas jaar. Ja vir die pasient is dit sekerlik baie erg maar vir die ondersteunings persoon / huweliksmaat / ouer is dit net so verskriklik. Jy loop met 'n konstante knop op jou maag? Party dae is beter as ander. Ja eweskielik is dit al waarvan ek hoor. En dit maak my bang. Ja want een van my kinders kan dit he? en ja een van ons vriende wat dieselfde tyd as my man gediagnoseer is het APril maand selfmoord gepleeg. Dit maak dit nog erger... Ons het 2 klein dogtertjies. Ek maak egter elke dag die doelbewuste besluit om elke dag as 'n nuwe dag aan te pak. Dis is moeilik maar met God se genade kry ek dit reg...die mense het baie liefde en ondersteuning nodig... veral LIEFDE !
  2. Sonja
    2011/05/17 08:40:14
    Ek is 'n mamma met 'n seuntjie wat ook met selfmoord gedreig het van 7 jarige ouderdom. Hy is gediagnoseer met "ADHD simptome" en op Concerta geplaas deur 'n Neuroloog. Die druk van die skool om hom op medikasie te hou was ondraaglik. Na 'n nagmerrie rit van 3 jaar het ek besef ek gaan my kind verloor. Ek het hom uit die skool gehaal, en tuis onderrig begin en hom afgehaal van die medikasie. Na nog 'n jaar is hy gediagnoseer met Aspergersindroom, 'n hoogsfunktionele vorm van Autisme. Met die skooldruk verwyder is hy die gelukkigste, en liefdevolste seuntjie wat enige ma kan begeer. Dit vat BAIE moed om teen die sisteem te beweeg, maar dit is so die moeite werd. Ek is nie een dag spyt oor die besluite wat ek geneem het nie, dit is en is nog altyd jou kind en net jy kan die regte besluit neem vir jou kind.
  3. San Stols
    2011/05/12 09:55:06
    Baie ouers besef nie dat 'n kind depresief kan raak, of met probleme worstel nie. Ek het vir jare met kinders (Uit liefde), gewerk. Dis in hierdie tye dat ek geleer het kinders kry nie altyd genoeg ondersteuning nie. Soos in die geval was die ouers daar vir hom, maar ek weet van kinders wat as stoud en moedswillig afgemaak word,én dan nog bonop gestraf word as hul hiermee sukkel. ASB Huisgenoot, uit die oog van kind, pleit ek vir 'n artikel hieroor, meskien maak dit ouers se oë oop. Ek was genomineer in 2005 vir " Women of the Year Reward" vir my bydrae by arm mense maar veral kinder. 'n Kind kan nie teen 'n ouer opstaan nie, hul kan nie regtig hul gevoelens en vrese uitdruk nie. Ouers besef nie hoeveel druk is op 'n kind as daar spanning in 'n huis is nie.
  4. Sonja
    2011/05/11 12:19:27 nm
    Ek kry hoendervleis as ek dit lees ek het `n seun hy het die 9Mei 17 geword hy was altyd spontaan vinnig vriende gemaak en `n voorbeeld vir ander van sy ouderdom.Hy is die laaste paar jaar baie geboelie in skool hulle doen net niks nie,ek het saak teen `n seun gemaak wat hom gebrand het met `n lepel in sy gesig nou is hy eers niks in skool en is hy heel anders.Hy het ook al `n paarkeer probeer om sy lewe te neem en weet ek nie meer wat ek moet doen nie hy het Sondag op Moedersdag so gehuil en sy vuiste teen muur geslaan en gesê almal soek net fout met hom ek het hom gegruip en gedruk en saam gehuil.Ek vrees vir so `n dag soos daardie mamma en ek bid en vra God se genade op my seun en dat Hy hom sal bewaar teen selfmoord....
  5. audrey
    2011/02/17 10:40:37
    wat maak n mens as jou seuntjie 7 jaar oud net heeltyd negetiewe dinge vir jou se hy moes graad 1 oordoen en dit het hom baie geknou.hy se gedeurig mamma al leer ek ok weet ek ek sal nie deur kom nie,en die wereld is sommer stupid hy wens hy gaan eder dood my hart is debreek
  6. Elna
    2010/11/02 09:17:43
    Aai my moeder. Ek voel vir u regtig. 'n Mens ken n werklik hoe om te troos in omstandighede waar iemand 'n geliefde verloor n! Ek kan net van ons Skepper vra dat Hy u sal troos en onderskraag in d pynvolle oomblikke. Ek bid vir krag en vrede aan u en u huisgenote my moeder.

    In die selfde asem wil ek net vir d mensdom se"kom ons bid vir ons kinders van die oomblik wat u bewus raak dat u hom/haar in die moederskoot dra. Spreek lewe goedheid en guns oor u kinders in Jesus naam.
  7. Olga
    2010/10/19 10:42:45
    My kind is ook 'n driehoek wat nie in die vierkantige wereld kan inpas nie! Mens sal dit net verstaan as jky self so kind het. Huisgenoot het onlangs 'n artikel geplaas oor een van my vriendinne se seun wat ook selfmoord geplaas het - wat van 'n volledige artikel oor bipolere depressie?
  8. Vicki
    2010/10/14 04:14:42 nm
    Ai Dana en marius fouche ai mens probeer maar altyd jou kinders teen alles beskerm en dit is makliker vir 'n kind om 'n ouer te verloor as anders om, ek bid elke dag dat God my 3 kinders moet beskerm, want ek moet erken ek weet nie hoe sal ek dit maak as een van hulle iets moet oorkom nie. Ek ly self ook aan depresie, en dit is 'n diep donker put wat nie maklik is nie, maar ek byt maar vas aan die lewe vir my kinders se onthalwe. Ek kan net imagine deur watse pyn julle moet gaan, ek bid vir julle en mag God jul help om oor die pyn te kom want dit kan nie maklik wees nie. Sterkte!
  9. lullu
    2010/10/11 10:18:35
    Aan die artikel skrywer en alle volwasses met Bipolere versteuring, veral aan 'moedeloos'
    ek is nou 18jaar oud. het ook al van 'n baie jong ouderdom af selfmoord neigings gehaad, en ontelbaar kere gevaal in die prosess. Ek het op die ouderdom van 9 myself begin sny vir release... en net afdraant geloop vandaar af. Niemand het my verstaan nie, ek was gespot en uit geskuif op skool, my ouers het my ook nie verstaan nie en dit het dinge net soveel erger gemaak. op 15 het ek skool gelos en heeltemal 'gecrash'... dis nou al 6 jaar en ek is al deur 6psigiaters en 6sielkundiges en nog nie juis veel verbetering nie.. al wat my deur dit bring is my verloofde.
    Ek het hierdie jaar 'n besluit geneem om op te hou om myself te sny en beskadig, al is dit hemels ontmoontlik vir my, kry ek dit stap vir stap reg.
    ek wil graag 'n boek skryf... oor my lewe en die algemene lewe van 'n bipolere persoon, jonk of oud en ook vir die ouer met bipolere versteurde kinders... om vir almal te wys daar is hoop, en hoe om sekere situasies te hanteer. Maar ek kort julle help om vir my te se waar om te begin...
  10. JOHN
    2010/08/31 11:38:40
    JY IS SO WAAR N DAPPER MAMMA EN STERK VROU WANT AS JOU KIND EERSTE AS DIE OUER WIL SRERF IS DIT BAIE MOEILIK MAAR EK HOOP JY STEL GOD EERSTE DIE HELE LAND BID VIR JOU
  11. Fralize
    2010/07/18 01:48:10 nm
    Ek weet dis moeilik, maar hy is op 'n beter plek.
  12. Irene
    2010/07/09 04:29:38 nm
    Dana en Marius Fouche, sterkte aan julle. Mag God se genade oor julle skyn. Dit moet verskriklik wees om so iets deur te maak. Terwyl ek lees dink ek aan my seun wat ook maar deur moeilike tye gegaan het, maar gelukkig het dinge nie die oorhand gekry nie. Hy het verlede jaar klaar met skool gemaak en is nou in Duitsland, baie gelukkig.
  13. Yvonne
    2010/06/22 02:53:26 nm
    As mense meer ingelig word oor die siekte sal dit klaar baie help! Die probleem is dat mense nie regtig weet hoe om dit te hanteer as iemand vir jou sê hulle wil selfmoord pleeg nie. Moet dit nooit ligtelik opvat as iemand vir jou sê hulle wil nie meer lewe nie, moenie hulle weg wys of hulle afsnou nie want dit kan hulle net motiveer om dit te doen - "want wie gee nou eintlik om?" Onderwysers moet ook meer bewus gemaak word van die siekte. Biopolar ontstaan nie van iets wat gebeur het nie, dit is iets waarmee jy gebore word, jy kan dit miskien kry - baie klein kans, as jy in 'n ongeluk was waar dokters 'n stuk van jou brein moes verwyder - maar dis nie te sê jy gaan dit kry nie! Ongelukkig is ek nog nie bewus van 'n cure nie. Baie van die Biopolar pasiente raak moeg vir al die medikasie, dat hulle nie 'n "normale" lewe kan hê - sonder om afhanklik te wees van pille nie, met die gevolg is hulle hou op om die pille te gebruik.

    Dis altyd moeiliker vir die familie, hulle wonder altyd of daar nie iets was wat hulle dalk moes doen, kon gedoen het of iets nie gesê het of gedoen het nie, maar die nare waarheid is dit sou gebeur het, of jy wat gedoen of gesê het of nie, dit sou gebeur het, dis die hartseer deel van als!

    My hart gaan uit vir die families wat die paadjie loop,wil net vir al die families sterkte toewens! My ma is gediagnoseer met Biopolar, dit was nie maklik gewees nie, maar as familie moet julle net sterk staan en glo, elke huis het sy kruis en die liewe Vader daar bo gee vir niemand 'n kruis wat hy of sy nie kan dra nie, julle moet net glo, bid & vertrou!!!

  14. Ansa Breed
    2010/05/24 03:34:16 nm
    Ek het die fliek ook al gesien voordat die artikel in Huisgenooit was. Ek is ook bietjie meer as 2 maande terug op ouderdom van 35 met bipholar gediagnoseer. Niemand sal weet waardeur iemand gaan wat bipholar het nie. Dis nie asof ons dit WIL hê nie. Ons kan nie help vir hoe ons voel en wat ons dink nie. Ek wag nog geduldig (of sal ek sê eintlik baie ongeduldig) vir die medikasie om te begin werk. Maar hulle sê ook dat die medikasie nie alleen kan help nie, maar mens ook terapie nodig het en die bystand van vriende, familie en die samelewing. Enige iemand wat belangstel om te weet wat presies bipholar is, kan dit opsoek op die internet. Daar is in detail beskrywings ens.
  15. marius fouche
    2010/05/07 04:14:42 nm
    My hart gaan uit na Dana en kan net bid vir haar.Die 14de Junie 2008 het my lewe ook ingrypend verander/Lennie my jongste 16 jaar oud wat ek vir 10 jaar alleen groot gemaak het het selfmoord gepleeg .In my wildste drome het ek ook nie gedink dat hy sou selfmoord pleeg.n Jaar vroer het hy aan sy ouer broers gese dat hy nie in die wereld wil lewe nie.Dat hy na sy ma verlang wat 10 jaar vroer oorlede is.Ek het gedink dit is meer oor stres by die skool aangesien die skoolhoof baie op hom gepik het .Ek het hom laat tuis onderig doen van std 8 af en sy ouma by ons kom laat woon om te help aangesien ek nooit weer getroud is nie. Die aand voor Lennie se dood het een van die ouens wat vir my gewerk het wat aan heroin verslaaf was en skoon was vir 8 maande terwyl hy vir my gewerk het weer die pad byster geraak.Ek het hom altyd probeer vertel van die HERE omdat hy vanaf 12jaar oud in en uit in die tronk was agv sy verslawing.Die saterdag oggend vroeg het ek n prokereur en landros uit gekry sodat ek kon keer dat hy weer terug sou gaan tronk toe .Terwyl ek dit gedoen het om te probeer help het my kind hom self gehang by my huisnie met n tou maar met skoen veters agter sy kamerdeur terwyl sy ouma besig was in die kombuis.Hy was altyd my alles en het geweet hoe lief ek vir hom is.Ek mis hom verskriklik baie en sal altyd vir hom lief bly want ek glo hy is by GOD.Party dae is baie moeilik maar dan help GOD
  16. Moedeloos
    2010/05/06 09:30:34 nm
    Vandag moes ek vir 'n suster van diep in die vyftigs vinnig in 'n paar woorde probeer verduidelik wat bipoler is. Dit is vir my onverstaanbaar dat daar nog mense is wat nie weet waardeer ons elke sekonde van ons lewens deurgaan nie. Ek het 'n wonderlike man, en pragtige kinders tog gee dit my meer plesier om myself te sny tot die bloed loop, want dan kan ek ten minste iets voel. Ander mense se gereeld vir my "ruk jouself reg". Ek wens ek kon maar bipoler is soos VIGS, een of ander tyd gaan dit jou dood maak. Ek is moeg vir handevol pille, skokterapie en alles wat daarmee saamgaan maar tog moet ek elke oggend opstaan en hoop dat vandag 'n goeie dag gaan wees. Kan Huisgenoot nie asseblief 'n artikel plaas om vir die mense wat nie weet nie, te verduidelik wat bipoler is, en hoe mense met bipoler gehelp en verstaan kan word nie. As ek as volwassene sukkel om dit te hanteer dink hoe dit vir kinders moet wees.
  17. ELLA
    2010/05/04 12:52:39 nm
    Dit is hartverskeurend, ons kan maar net aan jou dink en vir jou bid!!! Sterkte vorentoe vir jou
  18. Chrissie
    2010/05/04 08:52:10
    Kan ons nie asseblief 'n in-diepte artikel oor kinders met bipolêre depressie in Huisgenoot kry nie.
    Ek het self 'n 9 jarige kind wat dit het en weet nie meer wat om te doen nie. Die psigiater skryf 'n handvol pille voor om die depressie te onderdruk, maar is dit die regte behandeling? Is hipnose 'n opsie? Ek is seker daar is nog ander ouers wat graag meer sal wil weet.
  19. Lorna
    2010/05/03 11:06:49 nm
    ek wonder altyd... wanneer ek so-iets lees.... wat het in sy wese verkeerd gegaan dat hy so kon voel? Erens moes iets gebeur het..... 'n kind het die verstommende vermoe om van babadae af al indrukke in te neem wat hom of positief of negatief kan beinvloed...... ai..... ek bid vir die mamma..... geen ouer behoort 'n kind te moet begrawe nie.... my hart huil saam met haar.
  20. Hantie van Eeden
    2010/05/03 08:06:32 nm
    Dana jammer om hiervan te hoor. Ek kan my net indink hoe jy moet voel. Ek dink aan jou. Sterkte.
  21. Linda
    2010/05/03 04:59:32 nm
    Ek is so bitter jammer dat u as ouer dit moes deurmaak! Ek ken die magtelose gevoel wanneer jou kind nie meer wil leef nie. My seun was vir 7jr 'n heroien verslaafde en ons het baie dae nie geweet of hy nog leef nie, maar ons het genade uit die hand van God ontvang. Hy is nou bykans vier jaar skoon en dien die Here saam met ons. Mag ons Vader jou vertroos en vrede gee. Ons bid vir jou!!
  22. Denise
    2010/05/03 04:13:39 nm
    Dit is hart verskeurend ek kan nie myself indink om my kind aan die dood af te staan nie.... Mamma ons bid vir jou en ons voel die hartseer saam jou... Dis regtig tragies geen kind moet so aan die lewe dink nie... Sterkte voorentoe ons mammas moetmekaar bystaan ten alle tye.
  23. suz
    2010/05/03 03:34:02 nm
    dis baie hartseer, ek het nog nie eers die artikel gelees nie. ek bid vir ons Hemelse Vader om die kind te genees en vry te maak in die naam van Jesus Christus.

    die lewe is moeilik genoeg as volwassene om te cope met die gejaagtheid - maar dat 'n kind nou al probleme van selfmoord neigings het is hartseer. Ek dra daai ma ook in my gebede - mag GOD hulle hele lewe nuut maak.

  24. Susan
    2010/05/01 12:21:10
    Ek het die fliek hier in Kanada op tv gesien, 'n geruime ruk terug al.

    Dis absoluut hartverskeurend. Geen kind van ses jaar oud moet al aan selfmoord dink nie!. En jare vroeer het Evan se Oom Scott ook selfmoord gepleeg, dieselfde oom wie se naam Evan se middelste naam is ( sy volle naam is Evan Scott Perry)