Seun, 7, samel miljoene in vir Haïti

(Foto: Elite)
(Foto: Elite)

Charlie Simpson, ‘n sewejarige seuntjie, het sover al amper R3 miljoen ingesamel vir noodlenigingswerk in Haïti, het SkyNews berig.

Al wat hy gedoen het, is om sy fiets te ry.

Simpson het ‘n webblad genaamd JustGiving.com gebruik om sy projek uit te voer.

Dié webblad help “gewone mense om ongewone hoeveelhede geld”  vir liefdadigheid in te samel.

Simpson was diep geraak deur die beeldmateriaal van Haïti en het toe besluit om sy fiets om die park te ry vir omtrent R6 000 se insamelings.

Sedertdien is mense regoor oor die wêreld geïnspireer deur sy groothartigheid en donasies het begin instroom.

Bron: www.nuus24.com



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (3)


  1. Marie
    2010/03/16 03:40:23 nm
    Ek wonder hoeveel welgestelde mense het dit gelees en hoeveel het skaam gekry. Dit is gewoontlik die wat nie veel het nie wat gee maar die goud belaaides is bang om van hulle skatte af te staan, al is dit nou net 'n rand of twee. Ek is baie trots op jou Charlie. Daar is van ons wat ook vir organisasies hier in ons land gee. Al is dit nie veel nie weet ek dat elke sent tel.
  2. Casper20300
    2010/02/04 11:40:10
    Dit is 'n werklik inspireerende Storie. Dit laat ons wat maar net sit en kyk na die beeld materiaal oor TV en dalk sê "Shame", rêrig skaam voel. Mooi so Charlie, jy is 'n persoon en 'n Christen Solied gemaak uit Goud.!!!!
  3. Leo
    2010/02/01 12:38:24 nm
    Wat 'n wonderlike storie!!
Jou naam: Jou e-posadres:

Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou. Built by Blueworld Communities