Premier bedank weens vrou se verhouding

E-pos
Print

Noord-Ierland se premier, Peter Robinson, het Maandag tydelik uit sy pos getree in ’n politieke krisis wat spruit uit sy 60-jarige vrou se liefdesverhouding met ’n 21-jarige man.

Robinson, leier van die Democratic Union Party (DUP), het ’n kabinetskollega, Arlene Forster, gevra om minstens vir die volgende ses weke as premier in te staan.

Sy het dié aankondiging Maandag gemaak.

Dit volg nadat die buite-egtelike verhouding tussen Robinson se vrou, Iris, en Kirk McCambley, toe dié 19 jaar oud was, verlede week op die lappe gekom het.

Boonop is onthul dat Iris Robinson haar jong minnaar op onreël­matige wyse gehelp het om ’n restaurant in die suide van Belfast te open.

Vir meer oor hierdie storie besoek Nuus24.com.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (0)