Obama se wittebrood verby

(Foto: Elite)
(Foto: Elite)

Dit was veronderstel om die begin van ’n nuwe, goue era van hoop te wees, die historiese dag toe Barack Obama op 20 Januarie 2009 die eerste swart president van Amerika geword het.

Met sy slagspreuk “Yes, we can” het hy reuse verwagtinge opgetower by die byna 70 miljoen mense wat vir hom gestem het.

Maar vandag, ’n jaar later, het allerlei harde werklikhede hom ingehaal, en die euforie van die eerste dae is besig om soos mis voor die son te verdwyn.

Trouens, buiten Gerald Ford, het Obama se gewildheid in sy eerste jaar vinniger getuimel as enige Amerikaanse president s’n die afgelope 65 jaar. Teenoor 78 persent begin verlede jaar huiwer dit nou net bo 50 persent.

Sy hantering van Amerika se ekonomiese probleme en van ie oorlog in Irak en Afganistan het skerp kritiek ontlok, en toe hy in Desember die Nobelprys vir Vrede kry, het bitsige stemme opgegaan.

“Wat het hy nou al eintlik bereik?” moes selfs Obama-goedgesindes heimlik wonder. En hy moes self in sy Nobel-toespraak erken: “Selfs dié van ons met die beste bedoelings sal soms nie daarin slaag om die onregte voor ons reg te stel nie.”

Om sout in die wonde te vryf het die opposisie, die Republikeine, die afgelope tyd oortuigende oorwinnings in drie belangrike tussenverkiesings behaal.

Lees meer in die 4 Februarie-uitgawe. 

Hoe dink jy vaar Barack Obama? 



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (10)


  1. msc
    2010/07/27 12:03:48
    Obama is 'n muslim met 'n vervalsde geboorte sertifikaat. Hy was gebore in Kenya, wat hom diskwalifiseer om 'n Amerikaanse president te wees.

    Die enigste rede dat hy die verkiesing gewen het is omdat die Demokrate knoei. Hulle het mense in die begraafplaas op die kieserslys en Duitse toeriste etc. Alle vuil speletjies is OK met hulle.

    Ten minste probeer die Republicans die regte dinge doen.
  2. liz
    2010/06/19 02:16:11 nm
    Gee die man n kans.Onthou, Suid Afrika het al amper 20jaar kans gehad om te verbeter en nog niks het gebeur nie,nee wag, ons het van "bad to worse" gegaan
  3. pat
    2010/06/18 11:32:39 nm
    Hy is n president,staties,dwing respek af, struikel nie oor sy voete om n tradisionele dans te doen nie, gee die man tyd, hy beweeg in die regte rigting, ek stem saam met n paar hierbo, om n ander se brouwerk reg te stel gebeur nie oordag nie....hy is die beste wat Amerika oorgekom het
  4. Leoni
    2010/05/14 03:32:41 nm
    Hoe kan julle verwag dat Obama moet in 1 jaar regmaak wat Busch in al die jare wat hy aan bewind was, rverkeerd gemaak het? Ek haal nog steeds my hoed vir hom af om iemand anders se brou werk reg te maak. Gee die man 'n kans!!! Jitte Rome is nie in 1 dag gebou nie! Obama ek is mal oor jou pragtige sagte maniere, maar wys die klomp links trekkers wat in jou steek!
  5. Beloftes
    2010/04/15 09:25:37
    Al die beloftes...... Dit klink maar vir my of hul ook nou op SA se pad is!!!
  6. GMA
    2010/03/16 03:32:03 nm
    Gelukkig, en daar stem ek saam met jbj, het hy (Obama) darem net een huisgesin. Hy is 'n voorbeeld vir Amerika. Gelukkig steek hy nie die Amerikaners in die skande oor sy "gesinne" nie.
  7. Sofia
    2010/03/11 07:32:05
    Ten minste spits hy hom toe op die medieseberoep.Ons verpleegsters werk hard en verdien 'n skamele salaris.Dis 'n grap dat ons 4jr moet studeer om 'n Geregistreerde Verpleegkundige te word.Ons kan skaars 'n ordentlike maaltyd bekostig.Ek wil nie eers praat van 'n woning nie.
  8. net 'n opinie
    2010/02/02 02:34:55 nm
    Wie het gese dit gaan maklik vir hom wees! Maar Obama het te veel belowe en boonop dink ek het baie mense net vir hom gestem omdat hulle keelvol vir George Bush was.
  9. geena
    2010/02/02 02:33:35 nm
    Kan nie maklik wees om die gemors van die Bush jare op te ruim nie.
  10. jbj
    2010/02/02 02:32:59 nm
    ten minste het hy nie 20 kinders en drie vrouens nie! Wens ons president het sy aandag eerder op landsake in pleks van sy sekslewe toegespits.
Jou naam: Jou e-posadres:

Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou. Built by Blueworld Communities