Dit adverteer vir die beker!

E-pos
Print

Die wêreld sien uit na roemryke veldslae wat nog lank ná 11 Julie 2010 in die sokkerannale sal voortleef.Maar intussen het ’n ander stryd onlangs begin woed, amper so intens soos wat ons vanaf 11 Junie in stadions landwyd sal sien: die advertensie-oorlog tussen multinasionale kolosse wat hulle almal met die grootste sportskouspel op aarde wil verbind.

Die Wêreldbekertoernooi is ’n goudmyn vir dié reuse wat hul produkte aan biljoene TV kykers wil bemark. En die stryd van die handelsmerke is oral sigbaar, in megaster-besaaide advertensies aanlyn en op TV. Meen te sê, hoe dikwels sien jy vir Wayne Rooney (hier nogal met ’n bakkebaard in ’n woonwapark), Cristiano Ronaldo, Didier Drogba, Cesc Fabregas, Roger Federer en Homer Simpson saam in een advertensie?

Maar jy’t nie über-helde nodig om aandag te trek nie. As jy byvoorbeeld een Australiese adverteerder kan glo, was die

Socceroos verlede jaar hier vir ’n geheime oefenkamp in die Bosveld, soort van ’n Kamp Staaldraad met krokodille enrenosters . . . en die resultate was voorwaar skouspelagtig

Lees meer oor hierdie besonderse advertensieveldtogte in die Huisgenoot van 10 Junie. Kyk ook ons videogrepe van hierdie TV-advertensie hieronder.

Nike – Write the future Nike – Rooney Caravan Adidas – Fast vs Fast Pepso – Oh, Africa Australiese TV-advertensie Britse TV-advertensie met karakters van Little Britain



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (0)