Die Tiger Woods-sepie stoom voort

E-pos
Print
Tiger Woods (Foto: Elite)
Tiger Woods (Foto: Elite)


En almal wat elke woord oor die sekskapades van gholf se superster getrou opslurp, kan solank ook hul lippe aflek vir die TV-fliekweergawe wat die kassie waarskynlik binne enkele maande sal tref.

Beeldmateriaal wat pas opgeduik het van Tiger saam met sommige van sy minstens 18 minnaresse stook net die vuur waarin die reputasie van dié voormalige sportheld nou tot as verbrand lê. So sterf nog ’n sportikoon ’n voortydige dood.

Hy sal heel moontlik terugkeer tot die sport, maar hy is nie seker of Tiger daardie mistieke aura as ikoniese speler sal behou nie, sê Colin Montgomerie, die Skotse gholfster en Europa se Ryderbeker-kaptein. “Dit gaan vir hom moeilik wees om homself onder geweldige druk te bewys.’’

In volgende maand se uitgawe van die tydskrif Vanity Fair verskyn Tiger op die voorblad soos ons hom nog nooit tevore gesien het nie – kaal bolyf, oë troebel onder ’n swart wolmus, gewigte in albei hande. Dis ’n heel ander Tiger as dié op daardie beroemde foto’s ná die geboorte van sy babadogtertjie, Sam Alexis, op 18 Junie twee jaar gelede. Toe was sy oë sag, vol vadertrots. Maar hy het toe glo reeds die geheim van talle buite-egtelike verhoudings weggesteek.

Die opskrif by die nuwe foto spreek boekdele: “Misterie van ’n sport-superster wat ons gemeen het ons ken.’’ Dis uit ’n reeks wat Annie Leibovitz geneem het voor Mnr. Skoon onttroon is.

Sedert Tiger op 27 November voor die toorn van sy vrou moes vlug en met sy motor in ’n brandkraan buite hul huis in Orlando, Florida, vasgejaag het, stroom die skindernuus onbelemmerd voort.

Lees die nuutste oor die Tiger-sage in Huisgenoot van 14 Januarie.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (0)