Twilight se vampiere terug

E-pos
Print

SY LAASTE woorde aan haar was ‘‘trou met my’’ . . . en toe word die silwerdoek pikswart en miljoene aanhangers bly in die donker sit, klaar weer honger vir nog Twilight-drama.

Ons praat natuurlik van die fliekwêreld se gewildste mens/vampier-liefdesverhouding – en nou is daar nog net ’n paar slapies oor voor Twilight-gekkes hulle aan die derde fliek in die supergewilde reeks kan verlustig.

As jy reeds een van die miljoene aanhangers is wat op YouTube na die lokprent gaan kyk het, sal jy weet hier kom hope aksie wanneer Eclipse op 30 Junie landwyd begin draai. En vir die superverslaafdes is daar middernagvertonings op 29 Junie by Nu Metro-rolprentteaters oral in die land.

“Nes jy dink jy kry dieselfde storie, verander dit skielik heeltemal. Bella is weer haar ou self. Sy’s gemaklik en selfversekerd, nie soos in New Moon nie,’’ verklap Kristen Stewart, wat Bella speel. ‘‘In Eclipse jok Bella ’n bietjie vir haarself en ook vir almal rondom haar oor die feit dat sy lief is vir Jacob. Dit word nou alles anders.’’

Aanhangers moet veral op die uitkyk wees vir een besondere toneel, sê sy. ‘‘Jacob en Edward, wat aartsvyande is, is in ’n tent saam met Bella en sy slaap tussen hulle. Dit klink verregaande, maar dit gebeur.’’

Sy is nogal senuweeagtig oor hierdie derde fliek, bely Kirsten, want dis ’n groot voorreg om ’n rol so lank te kan speel. Daar is darem dié troos: Toe sy die boek eers begin lees het, kon sy dit nie neersit nie.

En daar is geen twyfel dat die derde fliek in die Twilight-reeks wat op Stephenie Meyer se boeke gebaseer is, weer die geld gaan laat inrol nie. Die eerste, Twilight, het immers meer as R3,1 biljoen en die tweede, New Moon, R5,4 biljoen by die loket verdien.

Die drie hoofakteurs in een van die silwerdoek se verslawendste liefdesdriehoeke – Kristen, Robert Pattinson en Taylor Lautner – het oornag supersterre geword danksy die flieks. Hul bankbalanse het nog nooit so gesond gelyk nie, en boonop kan hulle nou kies in watter fliek hulle volgende wil speel, en teenoor watter groot name.

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 27 Junie 2010.

Op die internet
http://www.eclipsethemovie.com/
www.thetwilightsaga.com
Twilight Facebook-blad

 



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (22)


  1. Licinda
    2010/12/22 11:11:27 nm
    Love dit het dit al gekyk!! Team:JACOB
  2. Leandra
    2010/08/30 04:08:45 nm
    Ek is deur en deur 'n Twilight fan !!! Maar moet dit nie vir jouself bederf om eers die boeke te lees nie. Kyk die fliek net om 'n prentjie te skep en vat tyd alleen, want Stephanie is 'n stunning skrywer. Jy leef jou so in die boeke in en jy kan dit net nie neer sit nie. Ek het skoon verlore gevoel na die Breaking Dawn gelees het. Team Edward !!! :-)
  3. Benita
    2010/08/06 11:43:13
    DIE TWILIGHT FLIEKS ROCK MENSE!!! DIE BOEKE IS STUNNING!!!!!!!!!! EK IS TIWILIGT VERSLAAF!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
  4. Annie
    2010/07/29 12:17:41 nm
    Na Twilight het ek ook begin om die boeke te lees en ek moet sê nadat ek New Moon en Eclipse gekyk het was ek baie teleurgesteld. MOET NIE DIE BOEK LEES VOOR JY DIE FLIEK KYK NIE!! Daar is baie stukke wat hulle uitlaat en glad nie is soos in die boek nie. As jy die boek lees kan jy jouself in die storie inleef en jy sien hoe alles gebeur. Ek het ook nou al Breaking Dawn gelees maar gaan defnitief dit nie weer oorlees voor die fliek uit is nie. Andersins, hou ek baie van die flieks en kan nie wag vir Breaking Dawn nie.
  5. Lizette
    2010/07/24 10:49:22 nm
    Ja nee kyk dis nou a goeie fliek reeks en geniet dit vreeslik en my kieds net so greetig om te sien wat volgende gaan gebeer dink di skrywer m nog goeie reeks begin skryf sal dit geniet!!!!!
  6. Ebie Swart
    2010/07/22 11:48:01
    Ek is 'n opregte Twilight slaaf!!! My man glimlag gedurig want Twilight is omtrent al waaroor ek praat, maar gelukkig is hy ook mal daaroor. Eclipse was goed maar ek kan nie wag dat Breaking Dawn uitkom nie, dit gaan by verre die beste wees! Ek het sopas die boek gelees in 2 dae - 700 bladsye. My man het gedink dit gaan my lank besig hou (lol). Kan nie wag nie! Mense wat nie hiervan hou nie: My ma het my geleer om liewer stil te bly as ek nie iets mooi kan se nie...
  7. Dálene
    2010/07/13 04:02:49 nm
    Die fliek was beslis die beste van die drie. Die akteurs was uitstekend, die regie so goed gedoen dat mens nie een keer verveeld raak nie en daar is genoeg humor in dat die fliek nie as te donker voor kom nie. Ek kan nie wag om te sien wat hulle met die volgende fliek gaan doen nie. Hulle het immers 'n grooter begroting en 'n vorige Academy Award wennende rigeseur Bill Condon (Dreamgirls en Chicago) so dinge lyk net goed vir beide die akteurs en aanhangers.
  8. Suzie
    2010/07/09 01:36:03 nm
    Ek het al drie rolprente van Twilight gekyk. Dit ontsettend baie geniet as mens in ag neem dat ek nooit 'n vampire ondersteuner was nie. Die "chemistry" tussen Kristen en Robert is fantasties en ek dink dat Kristen 'n ongelooflike goeie aktrise is. Die rolverdeling is goed gekies en ek twyfel of die rolprent so geslaag sou gewees het as die aktrise en akteur nie die hoofrolle vertolk het nie. Ek kan nie wag vir die laaste twee rolprente nie.
  9. alex
    2010/06/29 03:18:04 nm
    ek is 'n man en 'n groot fan van die twilight saga. ek is GLAD NIE gay nie, dis net 'n uitstekende reeks.
  10. Jd
    2010/06/28 03:42:06 nm
    Twilight saga is rerig besig om hand uit te ruk, ek wens dit wil nou klaar kry. Dis maar pretty gay vir meeste van ons.
  11. Anke
    2010/06/28 06:59:06
    Ek ry Woensdag byna 500km fliek toe en terug om Eclipse te gaan kyk! Is soooo opgewonde soos 'n stout kind! Dit is die mooiste liefdesverhaal ooit! En met sterre soos Rob, Kristen en Taylor....need I say more...
  12. Charmaine
    2010/06/24 10:02:20
    Ooh ek kan nie meer wag nie. Het al die boeke al 3 maal gelees! Ek is hulle grootste ondersteuner en Robbert Pattinson maak my kniee behoorlik lam!! Hy en Kristen Stewart maak die perfekte paartjie. Sien ook baie uit na Breaking Dawn!
  13. Marcelle
    2010/06/23 05:17:59 nm
    'n Reeks soos Twilight het my lanklaas so geboei en in boeie gehou soos Stephenie Meyer se reeks! Van skottelgoed was, agter kinders aanjaag tot werelbekende skrywer - well done Stephenie, nog 'n bewys dat die lewe uit meer bestaan as trouringe en babadoeke! U go Girl!
  14. Nonnie
    2010/06/23 10:19:10
    Ek is seker een van die grootste fans ever van die twilight saga nie omdat Rob Patterson daar in speel nie (DIS NET "N BONUS) maar om dat dit 'n liefdes verhaal wat oor meer gaan as 'n fisise verhouding dit gaan oor wat jy vir iemand voel en wat jy bereid is om te doen vir daai persoon of vampire in die geval. Ek kan nie meer wag vir die Eclipse movie nie en nog minder vir die 4de fliek Breking Dawn nie. Die boeke is natuurlik die beste ooit! Ek wens maar net hulle kon Twilight New Moon en Eclips ook 3ure movies maak soos met Harry Potter> Maar nou ja 'n uur en 'n half is seker beter as niks!!!
  15. Theresa nel
    2010/06/23 09:47:53
    Kannie wag vir eclipse het al die boeke gelees al n paar keer kan nie genoeg kry van Edard hys soooo sweet vir n vampire.
  16. Zelda
    2010/06/23 09:36:59
    Sjoe, ek kan nie wag nie, ek gaan 200 km ry na die naaste cinema om dit te sien!
  17. Wilma
    2010/06/22 10:52:00
    Ja, ek is ook nou 'n "vampire fan" en het al 4 die boeke in die reeks gelees. Al twee die flieks gekyk. Kan nie wag vir die een nie. Ek het lanklaas boeke so geniet. Die skrywer mag maar. Die boeke hou jou nuuskierig tot die laaste bladsy. HOU SO AAN GAAN VERSEKER VAN HAAR ANDER BOEKE OOK LEES. Tot my kinders wat nie eers wil lees nie, het die boeke gelees!!
  18. Melanie
    2010/06/21 01:38:14 nm
    Ek is 'n HUGE "vampire" fan en hierdie is die beste ooit. Het die al die boeke gelees en weet wat gaan gebeur maar kan nogsteeds nie wag om die fliek te gaan kyk nie. Dis die mooiste liefdesverhaal.

  19. 2010/06/21 11:46:58
    ek kan nie wag om die fliek te maak nie ek gaan hom saterdag die 3/ 7/ 10 sien.ek wil sien wat gaan gebeer met die storie.
  20. Naomi
    2010/06/21 11:31:59
    Hoekom mag daar nie sulke flieks gemaak word nie dis intresant en dit stel n meer volwase liefde voor, dit wys jou dat as jy iemand lief het moet jy dit doen sonder voorwaardes of voor keure.
  21. chatterbox
    2010/06/21 10:10:08
    jig, hulle moenie sulke flieks maak nie ...!!!!!!
  22. Naomi
    2010/06/19 10:32:47
    Ek kan nie meer wag vir Eclips nie.Die ander twee was so goed en dit het my so geintreseer dat ek nou glad nie meer kan wag nie.