Strawwe mededinging vir Oscars

E-pos
Print
Morgan Freeman as Nelson Mandela in Invictus.
Morgan Freeman as Nelson Mandela in Invictus.

Die Suid-Afrikaner Neill Blomkamp se District 9 het ’n Oscar-benoeming vir beste rolprent gekry, terwyl  Invictus, die fliek oor Suid-Afrika se sege in die 1995 Wêreldbeker-rugbytoernooi, ook die paal met twee benoemings gehaal het.

Morgan Freeman, wat die rol van oudpres. Nelson Mandela vertolk, is benoem as beste akteur en Matt Damon (Francois Pienaar) as beste byspeler.

District 9 ding mee in die kategorie beste rolprent met James Cameron se loketkraker Avatar, wat altesame nege benoemings losgeslaan het.

Die oorlogdrama The Hurt Locker, geregisseer deur Kathryn Bigelow, het ook nege benoemings ontvang. Maar dit lyk of Avatar die voorloper is om Oscar-goud te kry.

Vanjaar is die eerste keer in 64 jaar dat tien flieks weer in die pylvak is ná die tradisionele vyf benoemings in die topkategorie.

Meryl Streep, vir haar rol in Julie & Julia, en Sandra Bullock, vir haar rol in The Blind Side, is die gunstelinge om as beste aktrise aangewys te word.

Die wenners word op 7 Maart aangekondig.

Benoemings vir beste fliek:
Avatar
District 9
An Education
The Hurt Locker
Inglourious Basterds
Precious
A Serious Man
Up in the Air
The Blind Side
Up

Benoemings vir beste aktrise in 'n hoofrol: 
Meryl Streep in Julie & Julia
Sandra Bullock in The Blind Side
Helen Mirren in The Last Station
Gabourey Sidibe in Precious
Carey Mulligan in An Education

Benoemings vir beste akteur in 'n hoofrol
Morgan Freeman in Invictus
Jeff Bridges in Crazy Heart
George Clooney in Up in the Air
Colin Firth in A Single Man
Jeremy Renner in The Hurt Locker

Benoemings vir beste aktrise in 'n byrol:
Mo'Nique in Precious
Vera Farmiga in Up in the Air
Penélope Cruz in Nine
Anna Kendrick in Up in the Air
Maggie Gyllenhaal in Crazy Heart

Benoemings vir beste akteur in 'n byrol
Christoph Waltz in Inglourious Basterds
Christopher Plummer in The Last Station
Matt Damon in Invictus
Stanley Tucci in The Lovely Bones
Woody Harrelson in The Messenger

Benoemings vir beste regiseer:
Kathryn Bigelow, The Hurt Locker
James Cameron, Avatar
Lee Daniels, Precious
Jason Reitman, Up in the Air
Quentin Tarantino, Inglourious Basterds

Wie dink jy verdien 'n Oscar-beeldjie? Deel jou mening in die kommentaarveld hieronder.



Meryl Streep is benoem vir haar rol in Julie & Julia.

Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (6)


  1. Liezell Rahim
    2010/02/09 11:32:23
    Beste aktrise in Byrol: Monique
    Beste Fliek: Avatar
    District 9 - Dit is die swakste fliek wat ek in 'n lang tyd gesien het.
  2. chris baartman
    2010/02/03 04:35:25 nm
    Morgan Freeman vir Invictus,ons sal dit nie weer sien in ons leeftyd ,Hy het Madiba darem uitstekend gespeel,Kan gelukkig wees ek was deel van daardie movie ,well dan mense,Gehoop hulle so Clint Eastwood ook nomineer?
  3. Huisgenoot
    2010/02/03 04:16:36 nm
    Ja, vertel ons bietjie wie julle dink behoort Oscars te wen?
  4. sjdt
    2010/02/03 04:13:25 nm
    Niks kom by Avatar nie!
  5. netekke
    2010/02/03 04:12:36 nm
    My keuses is:
    Beste Akteur: George Clooney
    Beste Aktrise: Meryl Streep
    Beste Fliek: Avatar
  6. suzie
    2010/02/03 04:11:10 nm
    Avatar is die beste fliek ooit! District 9 is 'n pot snert.