Resensie: Leon Schuster se nuwe fliek!

E-pos
Print

Waaroor gaan dit?
’n Toergids neem ’n groep buitelanders op ’n rit deur Kaapstad en aan die hand van grapjastonele demonstreer hy aan hulle hoe om in Suid- Afrika te oorleef.

Wie sal hiervan hou?
Dis eintlik ’n Leon Schuster-rolprent dié vir diegene wat nie van Schuster-flieks hou nie. ’n Mens lag tog en daar is histeries snaakse (maar ook wrede!) tonele. Schuster ontsien g’n heilige koei nie en selfs hy loop deur, waarvoor hy lof verdien. Hy bewys dat hy vir homself kan lag en dieselfde straf kan vat as wat hy uitdeel. In ’n stadium dat jy nie gedink het jy kan meer vir enigiets in hierdie deurmekaar en chaotiese land lag nie, wys Schuster vir jou die komiese sy van ons absurd samelewing. Sommige tonele soos die lyk in die kombi is dalk te wreed, maar die plakkers wat in Seepunt  kaias opslaan en die verkeersman wat mense aftrek, is Schuster op sy beste.

Wag vir DVD?
Hierdie rolprent kom op presies die regte tyd. As daar dus buitelanders is wat by jou tuisgaan, ontvoer hulle (as jy moet) om Schuster op sy beste te sien. Hy belig die absurditeite van die lewe in Suid-Afrika wanneer hy toeriste waarsku om hul eie elektrisiteit saam te bring. (En hulle glo hom!) En waar niemand meer vir Julius Malema se manewales kan lag nie, stuur Schuster hom en sy F vir houtwerk hemelhoog op in ’n musikale nommer wat gehore in die paadjies sal laat rondrol. Al gaan kyk jy uit beginsel nie na ’n Schuster-fliek nie, sal dié een jou uitgestresde Suid-Afrikaanse senuwees heerlik kielie en laat ontspan. Gaan kyk dit gerus.

Soortgelyke flieks
There’s a Zulu on My Stoep, Mr Bones 1 en 2.

Springmieliefeit
Schuster het net een Afrikaanse fliek gemaak.

Schuks Tshabalala’s Survival Guide to SA 2010
Slapstick-komedie. Met Leon Schuster en Alfred Ntombela. Regie: Gray Hofmeyr. OBTGV.
Begin 28 Mei.


Ons dink: 3/5



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (11)


  1. Corene
    2011/01/08 12:37:16 nm
    Altyd min of meer dieselfde humor en ek kan nie glo dat sommige van die publiek so gaande oor die
    Schuster flieks is nie. Gelukkig sien ek dat daar darem mense met goeie oordeel is wat nie alles vir soetkoek opeet nie. Twee lagwekkende tonele in sy flieks en dan word daar vertel hoe 'n 'snaakse' fliek dit is. Ek is seker hy kan beter doen as dit.
  2. DANIE
    2010/11/13 03:19:30 nm
    Hierdie is werklik 'n ligte heerlike fliek om net te geniet.
  3. petro
    2010/09/04 04:05:03 nm
    die fliek was nie rael soos sy ander flieks nie
    ek is n groot fan maar is teleur gestel in die fliek
    ek dink dit kon beter gewees het
  4. Elaine
    2010/08/18 09:58:16 nm
    Maybe I'm just too sceptical, but I found most of the scenes extremely contrived and rehearsed. I doubt that all of the scenes were real "candid camera" moments. Where Shorty drives up to the people at Tyger Valley centre, some of them had a fright evenbefore he hooted. Although I did giggle at one or two jokes, the overall impression was a bit weak.
  5. johan
    2010/08/02 07:49:57
    Leon weereens baie dankie vir nog 'n treffer fliek. Die meesste van die dinge in die fliek gebeur
    maar mense verkies om dit nie te sien nie. Rassisme is 'n werklikheid. Ek gaan hom defnitief koop.
    Hou so aan..............ons sien uit na die volgende een.
  6. Tertia Smit
    2010/06/28 06:50:20 nm
    Heerlik om 'n Saterdagmiddag te gaan sit en lag ! Ek en my ma het dit baie geniet.
  7. Margaret Schoeman
    2010/06/17 01:58:00 nm
    VEELS GELUK, Leon! Ek en my man het jou nuutste fliek baie geniet en gelag dat die biesies bewe. Ek gun vir jou die sukses wat jy daarmee behaal het, want volgens die media is jou fliek beslis die nommer 1 fliek in die RSA en stof dit al die ander gewilde flieks uit wat tans vertoon word. Jy het my nog altyd lekker laat lag. Doe so voort.
  8. ek
    2010/06/17 11:29:09
    baie swak fliek gewees, wemel van rassisme sal nooit weet sy flieks gaan kyk nie
  9. Fluffy
    2010/06/08 02:09:16 nm
    Hillarious....'n moet sien vir almal...
  10. Germy
    2010/05/27 06:27:06
    fair praat ho...di bra is funny. en dai shorty is net so lagwekkend...siri jus!
  11. Renee Barnard
    2010/05/25 02:52:52 nm
    Baie Funny!