O schuks, hier kom Leon al weer!

E-pos
Print

Dis maar ’n gevaarlike affêre, dié fliekmakery. Vramaar vir Leon. Vra vir Shorty. “Weet jy hoe dit voel om deur

’n vrou met ’n handsak geslaan te word?” verneem Shorty ewe ernstig.

Hý weet. Hy wat Shorty is – eintlik natuurlik Alfred Ntombela – het juis deeglik met ’n vrou se handsak kennis gemaak toe hy en Leon Schuster onlangs weer saam fliek gemaak het.

Schuks Tshabalala’s Survival Guide to South Africa 2010 begin einde vandeesmaand draai, maar Leon lek ook nog sy wonde ná dié een. Daar was die spietkop wat hom met die vuiste toegetakel het toe hy sy lyf dronk motoris gehou het. En die vrou wat hom so hard deur die gesig geklap het dat hy net sterretjies gesien het.

Ja, in sy 24 jaar voor die cameras is hy al “goed en hard ge***’’, sê Leon met ’n laggie op die stoep van sy huis in Ruimsig, Roodepoort. “Kyk, ek is al 59 jaar oud – ek raak nou ouer en banger. Dit is nie meer lekker om ge*** te word nie.”

Daar was die keer toe iemand Leon skoon “lights out geslaan het”, nog met die maak van Oh Schuks, I’m Gatvol van 2004.

Terwyl hy daar op die naat van sy rug op die grond lê, hoor hy toe net die regisseur, Willie Esterhuizen,

uitbundig skree: “Great! Great! Dis die beste toneel in die fliek!”

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 6 Mei 2010. Kyk ook ons voorskou hieronder.




Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (8)


  1. Alice Coetzee
    2011/07/04 08:29:35 nm
    OU LEON SE FLIEKS IS BAIE SNAAKS LAG MY ALTYD SLAP. ONS MIS NIE EEN FLIEK VAN HOM NIE HY MOET NIE OP HOU FLIEKS MAAK NIE GENIET DIT BAIE
  2. O schuks, hier kom Leon al weer!
    2011/02/25 02:43:30
    O schuks, hier kom Leon al weer!
  3. amanda
    2010/10/08 11:14:55
    Leon is n grap gat gebore.....hy dink en droom hoe om ander mense die m....r in te maak ,,,dis sy passie .... ma hy het n moooooooooooooorse sin vir humor. ek sal like om sy nuwe fliek te sie en met wie gaan hy die spot dryf sien jou op die groot doek of op DVD.
  4. Natasha
    2010/05/11 11:37:02
    Ek kan nie meer wag vir die movie nie!!! Ons is so bly dat ou Leon weer besluit het om op die skerms te kom!!! Baie dankie - dit gaan defenitief my HELE JAAR maak!!! Groete
  5. Chris Rock
    2010/05/05 05:57:32 nm
    Ek kan nie glo ....mense lewer sulke swak kommentaar nie...LEON jy is great en jy is Afrikaans en jy verstaan die Nuwe Suid-Afrika beter as van ons politikuste ....hulle kan gerus by jou kom aanklop vir toekoms planne en veranderinge jy het dit allermits al 20 jaar terug voorspel.....o...ja en Alfred jy skuld my nog R300 se chips van die POKER af.....joke net.....jy kan dit maar hou.....ek sal n R1000-00 betaal om weer langs jou te sit ....dit was FUN....by Carnival.....!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
  6. Bernadette
    2010/05/04 12:39:38 nm
    Leon se flieks was almal nog baie uitstekend en dit is die hele fliek deur baie interesant en snaaks. Daar is geen einde aan die flieks nie maar vir sommige mense maak dit nie saak nie en al is daar in sommige dele n storie lyn nie bly dit nogsteeds n uitstekende Suid Afrikaanse Komedie!
  7. KEVIN
    2010/05/03 12:34:20 nm
    Hallo Leon, Shorty ek kan nie wag om die fliek te sien nie,Leon jy moet nie ophou flieks maak nie anders gaan jy oud raak die flieks wat jy maak hou jou jonk en fol lewe.,al word jy nog 100 geklap moet jy aangaan om flieks te maak.
  8. Marietjie
    2010/05/02 02:41:56 nm
    Leon se flieks is ook net plek-plek snaaks. Die eerste gedeelte was natuurlik skreeusnaaks. Hoop net nie daar is te veel "acting" nie. Baie beter as hy mense onverhoeds vang. Nie 'n groot aanhanger nie, maar geniet tog somtyds sy tipe humor.