Local is lekker! Talle SA-flieks oppad

E-pos
Print

Toe die mense van die Kaapse kuswoonbuurt Seepunt een November-oggend verlede jaar ontwaak, staan daar 14 sinkhuisies op die sypaadjie, met seker 50 mense wat hul goedjies uitpak en ’n ou omie wat vervaard verduidelik sy
mense het geen ander heenkome nie.

Die inwoners van dié gegoede buurt was kwaai omgekrap oor hul nuwe bure – tot iemand die versteekte kameras in die minibussies langs die armsalige gehuggies raaksien en besef: Dis weer Leon Schuster aan die fliek maak.

En word daar nie nou in Suid- Afrika flieks gemaak nie... Schuks Tshabalala’s Survival Guide to South Africa 2010 is
maar een van ’n hele swetterjoel plaaslike flieks wat vanjaar hier by ons verskyn, want die Suid-Afrikaanse rolprentbedryf beleef ’n bloeitydperk soos min.

Die regering het twee jaar gelede besluit hy subsidieer voortaan plaaslike rolprente vanmeer as R2,5 miljoen met 35 persent – en sedertdien was daar ’n behoorlike fliekontploffing, met 63 flieks wat geld uit die staatskoffers gekry het.

En dis nie net die rolprentbase wat danksy dié geldelike hupstoot die hele pad bank toe lag nie. In die afgelope twee jaar het die bedryf self al R875 miljoen aan sy rolprente bestee.

Lees meer hieroor en watter flieks wat plaaslik vervaardig is in die uitgawe van 8 April.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (5)


  1. colin
    2010/08/09 07:05:27
    n leonfliek is altyd a leka lagfliek dit maak n dikbek mens se wange plat
  2. milly
    2010/05/27 11:40:50
    Leon Shcuster is fantasties. Ons het meer sulke mense in die land nodig. Gaan beslis die fliek kyk. Ek wil lekker lag vir n slag. Hou so aan.
  3. Annabella Seco
    2010/04/28 09:43:20 nm
    Ek en my man het altyd van Leon Schuters se movies gehou en ons mis dit nou verskriklik in Portugal . Ons sien uit na sy volgende fliek, maar weet ongelukking nie wanneer dit hier sal uitkom nie, kan u ons miskien n aanduiding gee wanneer dit oorsee sal verskyn in die fliek plekke, dat ek en my kinders en my man dit kan geniet en waar dit sal wys want nie alle fliek plekke in Portugal sal dit uitsaai nie. Ek , my man en kinders is Leon Schuster fans till the day we die.
  4. pierre
    2010/04/19 09:11:50
    gewonner wat het van ou leon geword...nice!!
  5. Yvonne Lennert
    2010/04/07 10:42:05
    Gee my 'n Leon Schuster fliek enige tyd. Ek is mal oor al sy rolprente. Leon you rock!!