Kyk 'n fliek: The Fantastic Mr Fox

  •  
  • 1
     Hou van
  •  
  • 0
     Hou nie van nie


Waaroor gaan dit?

Roald Dahl se onnutsig-moedswillige Pa Jakkals is veronderstel om rustig ondergronds saam met sy oulike gesin te woon. Maar sy lus vir hoendervleis dwing hom uit sy gat – reg in die strik van drie woedende boere.

Wie sal hiervan hou?

Moeilik om te sê. Dalk sal aanhangers van Roald Dahl se aweregse kinderverhale wat eintlik grootmensstories in ’n donker gewaad is, hiervan hou, of bewonderaars van Wes Anderson se eksentrieke styl. Die subteks word deegliker as in ander animasieprente ontgin as gesinsbande en ’n rustige familie se bestaan deur gierigheid en moedswilligheid vernietig word. Die storie is natuurlik ’n allegorie oor ’n menslike gesinslewe wat verbrokkel omdat die leier van die gesin sy eie selfsugtige agenda het en nie ’n morele leier is nie. Die rolprent kan as ’n animasieprent beskryf word, maar dis so realisties dat dit soms lyk of ’n mens na regte jakkalse met ’n koel houding kyk. Tog kos dit tyd om hieraan gewoond te raak.

Wag vir DVD?

Ja, want kinders sal dalk ’n bietjie rusteloos raak. Met animasieprente wat ál meer gesofistikeerd raak, mis die prent sy teiken dikwels omdat dit te gelykmatig en amper eentonig geregisseer is. Tog mag Wes Anderson-verslaafdes elke toneel gulsig verorber. Die rolprent is moeilik om te volg en vervreem sy gehoor kort-kort van die karakters en die storie. Moenie ’n gesellige tekenprent verwag nie – dié een stel hoë eise aan sy kyker en slaag nie altyd nie.

Soortgelyke flieks

Waking Life, Coraline en A Scanner Darkly.

Springmielie-feite

Dit was die eerste boek wat Wes Anderson as sewejarige present gekry het.
Baie van die stemme is in die buitelug opgeneem en nie in ’n ateljee nie.

Fliek: The Fantastic Mr Fox, Animasie, OB Begin 12 Februarie
Met: George Clooney, Meryl Streep en Jason Schwartzman
Regisseur: Wes Anderson
Wat ons dink: 2/5


Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (0)




Jou naam: Jou e-posadres:
  1. PG

Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou. Built by Blueworld Communities