Fliek: The Bang Bang Club

E-pos
Print

Ware lewensdrama. 

Met Ryan Phillippe, Frank Rautenbach en Taylor Kitsch.
Regisseur: Steven Silver.
16TG.
Begin 22 Julie.
Ons dink: 3/5

Waaroor gaan dit? 
Hierdie rolprent beeld die ware verhaal uit van vier jong fotograwe, onder andere Ken Oosterbroek, wat die gewelddadige oorgangstydperk in Suid-Afrika uitgebeeld het toe apartheid gesterf het. 

Wie sal hiervan hou? 
Nie noodwendig skiet-skop-en-doodbloei-aksievrate nie, maar lesers wat erns het met geskiedenis en wat werklik agter die skerms gebeur het gedurende die dae toe die land op die punt van burgeroorlog gestaan het. 

Die mannemoed van hierdie soldate-met-die-kamera wat onder koeëls deurgemaneuvreer het om ’n land in transformasie uit te beeld, is uiters effektief. 

Hulle het ’n bloedige geskiedenis in unieke aksiebeelde vasgevang; dus het hul foto’s meer gesê as die retoriek en toesprake van politieke verhoë af. 

’n Mens is nie seker of alles (byvoorbeeld die romantiese elemente) werklik nodig was nie, maar spelers soos Neels van Jaarsveld en veral Taylor Kitsch kruip onder die velle in van soldate wat, soos die manne van The Hurt Locker, floreer het op adrenalien terwyl hulle hul werk vreesloos gedoen het. 

Fliekgangers wat wil weet hoe brutaal gevaarlik fotograwe se werk kan wees, en wat wil verstaan wat met fotograwe soos Anton Hammerl gebeur het, sal diep getref word deur hierdie rateltaai rolprent wat as ’n monument dien vir diegene wat ons ingelig het.

Ongelukkig het die kollig net op hulle geval as hulle met hul lewe geboet het, soos Ken Oosterbroek

Soortgelyke flieks
The Hurt Locker, Bloody Sunday, Fifty Dead Men Walking. 

Springmieliefeite
*
Die werklike Kevin Carter (Taylor Kitsch) het later selfmoord gepleeg. Sy selfmoordbrief het melding gemaak dat die bloedige beelde wat hy daagliks moes verfilm, by hom gespook het. 

Volg Huisgenoot op Twitter.

 



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (9)


  1. AB
    2011/07/23 10:39:24
    EK gaan vandag die fliek kyk.

    Ek gaan probeer om dit met 'n "open mind" te kyk, maar weet dat die ware gebeure moontlik verdoesel kan wees net om die sensasie uit te beeld. @Mark en Riaan...ons en vele ander het eerstehandse kennis van wat agter die lense gebeur het.....maar sensasie verkoop koerante/tydskrifte (of hoe Huisgenoot) en die ware feite sal altyd eerste in die slag bly net om verkoopsgetalle op te stoot.

    Dit verbaas my dus geensins dat daar nooit 'n polisielid of lede genader is om die storie agter die storie te kon vertel nie. Van 1984 tot 1994 was die mees geweldadigste tydperk in SA se geskiedenis en die mense wat dit elke dag aanskou het se verhaal word, en sal seker nooit, vertel word nie.
  2. GERRIT
    2011/07/22 05:35:56 nm
    HOEVEEL KEER NOG WIL HUL OPSPRAAK MAAK VAN PERS MERSE WAT NET NOU EN DAN IN DIE ONLUS GETEISTERDE GEBIEDE GEWERK HET,WAT VAN ONS WAT MAKKERS,BUDDIES DAAR VERLOOR HET WAT TOT VANDAG TOE NOG MET DIE LETSELS LOOP VAN DAAI TYE,HOEKOM NIE N FLIEK MAAK SOOS ONS DIT GESIEN HET NIE,MAAR NOU JA EEN OF ANDER AAP SAL WEER SAKKE VOL GELD HIERUIT MAAK,JA RIAAN STEM SAAM,SAL MAAR DIE FLIEK SKEPTIES BENADER AS EK DIT OOIT SAL GAAN KYK.
  3. Mark van Rensburg
    2011/07/22 04:25:14 nm
    Stem saam @Riaan, dit blyk almal het 'n hero tale om te vertel behalwe die wat die vure moes dood slaan! Ons makers was teminste twee/drie keer 'n dag opgeskiet, en wat word daaroor gesê Rambo stories. Nee wat, tot vandag het niemand ons daaroor iets gevra Riaan. Dit lyk my ons was nooit daar! Staam 100% agter jou!!!!
  4. Jan
    2011/07/22 03:18:05 nm
    Dit hang af van die rede hoekom jy daar was( was self daar --baie keer). Hierdie fotograwe het definitief sensasie gesoek veral wanneer hulle soos cowboys rondgehardloop het. Hul teenwoordigheid het ook ongelukkig die plaaslike mense aangehits met valse hoop. In die lokasies het hulle nie baklei teen apartheid nie, maar hulle het mekaar gemoor. Hierdie land sal dalk eendag tot sy reg kom wanneer almal alles op apartheid probeer blameer. daardie perd se rug is al hol gery en laat n bitter smaak in n ou se mond. Die joernaliste is baie gelukkig om daar te kon uitstap---danksy die onbaatsugtige opoffering van magslede..
  5. Riaan
    2011/07/22 09:46:15
    "Die mannemoed van hierdie soldate-met-die-kamera wat onder koeëls deurgemaneuvreer het om ’n land in transformasie uit te beeld, is uiters effektief."

    So asof die arme joernaliste iets spesiaal gedoen het!!!. Wat van al die polisie lede wat in daardie gebiede gewerk het (ja ek was een van hulle). Thokoza, Katlehong, Pollapark was absolute brandpunte maar die polisie manne het nie kans gehad om hulle kameras te gebruik nie want daar is te veel keer op hulle geskiet!!!!!!!!. Die enigste rede hoekom hierdie joernaliste "opspraakwekkende" fotos kon neem is die FEIT dat die arme polisiemanne hulle gatte moes cover en hulle veilig hou!!!!!!. Ken Oosterbroek en sy trawanta is telkemale, ja telkemale, gewaarsku om nie in hierdie gebiede in te beweeg nie want dit was te gevaarlik, maar nee, wie is nou die polisie om hulle te vertel wat om te doen. Ek sal die film met absolute skeptisisme (ek seker een of ander puris sal my afrikaans korregeer) benader. Vertel eerder die verhaal van die Polsie se onluseenhede daardie tyd!!!
  6. Ex Soldaat
    2011/07/20 03:18:50 nm
    Ek was so week na Ken geskiet is in Kumalo straat, het sy bloed teen die muur gesien. Feit, hy is deur die NPKF geskiet. Ongelukkig het die teenwoordigheid van die joernaliste die mense aangehits en het hulle teenwoordigheid bygedra dat nog lewens verloor is.
  7. Heleen
    2011/07/19 07:48:00 nm
    Gerhard, jou IDIOOT, dit is nie 'n nagemaakte Amerikaanse aksent nie. Die aksent van die persoon was portugees. Joao Silva is 'n Prtugese fotograaf.
  8. Gerhard
    2011/07/19 12:38:36 nm
    Wow, soveel clichés het ek lanklaas gesien en dit net in die voorskou. Hou ook nie van akteurs wat soos 'n amerikaner probeer klink nie - kry regte akteurs.
  9. Nicolene
    2011/07/19 11:15:40
    Die fliek lyk of dit baie nice kan wees, maar tog in dieselfde asem kan dit jou siel uitruk met die geweld. Ja, dit gebeur elke dag in die townships en is ons net nie bewus hiervan nie.

    Ek het nou die oggend geluister toe Highveld Stereo met Ryan gepraat het, en waaroor die fliek gaan. Ek is die soetsappige vrou wat hou van 'n gelukkige einde. Ek sal maar my hart en siel by die huis bêre en die fliek gaan kyk.

    Dit mag dalk net ons tot ander insig bring.......

Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou.