Fliek: 'n Saak van geloof

E-pos
Print

 

Drama.
Met Robbie Wessels, Lelia Etsebeth en Niekie van den Bergh.
Regisseur: Diony Kempen.
OT.
Begin op 9 September.
Ons dink: 2/5

Waaroor gaan dit?

’n Karoodorpie reageer geskok toe ’n jong meisie aankondig dat sy swanger is, maar dat dit ’n vleklose ontvangenis is.

Wie sal hiervan hou?
Almal wat uit Roepman gestap het en geskok was oor die onbevreesde vertelstyl.

Hierdie moralistiese rolprent is gehoorvriendelik, van die talle liriese skote van die pragtige Prince Albert tot by die eendimensionele karakters en geforseerde moralistiese storie.

Al sal die verhaal sommige lesers aangryp, is die regisseur se styl so selfbewus dat dit ’n neerbuigende preek word wat enige karakterisering of natuurlike ontwikkeling van die storie kortwiek.

Boonop is die spel nie altyd geslaag nie sodat die gehoor bloot na mense kyk wat woorde opsê en nooit diepte of persoonlikheid aan karakters gee nie.

Die feit dat dit ’n vertelling word waarin ’n gemoedelike vrou die storie op ’n selfbewuste, onnatuurlike wyse oorvertel, gee aan die rolprent ’n onewe ritme wat onderbreek word deur dié verteltegniek pleks dat dit (en die kwinkslae) die verhaal ondersteun. 

Die oormaat dialoog (“Ma! Hoe lyk Ma dan nou of Ma ’n spook gesien het?”) verander dit ook in verfilmde radio of suiwer sepie.

Die rolprent herinner aan die Afrikaanse flieks van die  jare 50, veral die godsdienstige rolprente van daardie jare.

Al is die bedoelings goed (en daarvoor moet die rolprent waardeer word), het dit ’n prekerige oppervlakkigheid wat baie mense sal vervreem.

Soortgelyke kykstof 
Sepies soos 7de Laan en Binneland.

Springmieliefeite 
*Niekie van den Bergh
, gewese gewilde radio-omroeper, maak sy rolprent-debuut in hierdie fliek. Hy het jare lank RSG se Sê Wie met groot sukses aangebied.
*Dis ook die gospelsanger Riana Nel se rolprentdebuut. 

Volg Huisgenoot op Twitter.

 

 



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (0)


Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou.