Fliek: Machine Gun Preacher

E-pos
Print

Ware lewensdrama.
Met Gerard Butler, Mi-chelle Monaghan en Kathy Baker.
Regisseur: Marc Forster.
16DTG.
Begin op 20 Januarie.
Ons dink: 3/5

Waaroor gaan dit?

Dit is die ware verhaal van die berugte dwelmhandelaar en tronkvoël Sam Childers wat bekeer is en Soedanse kinders van ’n gewisse dood gered het.

Wie sal hiervan hou?
Is jy ‘n bietjie voos van leë fantasieë en Kersvakansievermaak wat steeds soos lastige knapsekêrels aan die kringloop vasklou? Dan sal hierdie rowwe en robuuste ware lewensdrama jou aandag trek.

Dit is nie ’n vreeslik goeie rolprent nie. Daarvoor is dit te prekerig, lank en selfverheerlikend teenoor Childers. Maar dit dra ’n positiewe en sterk boodskap oor dat enigiemand voor kan begin, sy lewe op die regte pad kan dwing én in die proses slag-offers van oorlog help.

Die probleem is, die rolprent neig om langdradig en onsamehangend te wees en sommige tonele is geoordramatiseer sodat dit later amper na fiksie lyk.

Dit is intens en wroegend, in so ’n mate dat ’n mens smag na verligting (en die slottitels!), maar eers in die middel raak jy regtig meegesleur deur Childers se vermetele waagmoed.

Butler is ook een van die vervaardigers en het groot lof vir die buitengewone moed wat hierdie bekeerde, godsdienstige man aan die dag gelê het. Die naam sit egter baie mense af.

Tog is dit hoe Childers bekendgestaan het. Maar so in die middel van die maand sou ek nie maklik my geld hierop mors nie. Hou dit liewer vir die kinders se nuwe skoolklere.

Soortgelyke flieks
True Grit, 127 Hours, Jane’s Journey.

Springmieliefeite
*Gerard Butler noem dat hy met Childers geïdentifiseer het omdat hy, Butler, self as seun probleme met die gereg gehad het nadat hy rebels geraak het.
*Butler se debuut op die silwerdoek was in Mrs Brown, waar hy kaal op die strand rondgehardloop het met die formidabele Judi Dench in die nabyheid.
*Butler het sy pa eers op 16 behoorlik leer ken. Sy ma het hom grootgemaak.

Volg Huisgenoot op Twitter.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (1)


Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou.