Fliek: Jakhalsdans

E-pos
Print

Waaroor gaan dit?
’n Onderwyseres en haar dogter gaan woon op Loxton en bots met ’n nors vent wat naby hulle bly. Toe ’n geldinsamelingsveldtog vir die plaaslike skool gehou word, ontdek die vrou die kluisenaar se ware identiteit.

Wie sal hiervan hou?
Huisgenoot-lesers behoort dol te wees oor dié minsame en veilige liefdesverhaal. Maar dis veral Theuns Jordaan- en Elizma Theron-bewonderaars wat meer as genoeg van die paartjie sal sien. Die natuur en skoonheid van die Karoo vorm die middelpunt van dié intieme liefdesverhaal waarin ’n skool gered word en ’n vrou besef dat liefde alles kan vermag. Die storie is dalk ’n bietjie naïef en die spel nie so goed soos in ander rolprente nie, maar die fliek se doel (om te vermaak en om ’n Afrikaanse liefdesverhaal te vertel) is suiwer en daarom behoort dit ondersteun te word. Die musiek is inspirerend en die ontknoping sal gehore tevrede stel. Aanbeveel as jy net lekker agteroor wil sit en fliek, maar beslis nie as jy te krities dink nie.

Wag vir DVD?
Ja, want jy sal dalk weer na die tonele wil kyk waar Theuns Jordaan lostrek en die stof uit die Karoo-bossies sing, maar dis eintlik beter om dit op ’n wye doek te sien, al is dit net om jou gunsteling-sangers hul ding in ’n teater in glans en
praal te sien doen. Jong Janke Bruwer vaar nie te sleg nie, maar dis Neil Sandilands wat die kollig steel met sy opgewekte en eksentrieke vertolking. Deon Meyer se storie is bevredigend, maar jy moet jou breinselle afskakel en die fliek geniet as ’n teruggryp na die liefdesverhale van die 60’s.

Soortgelyke flieks
Hoor My Lied, Die Danie Bosman Storie, Lied in My Hart.

JAKHALSDANS
Romantiese drama. Met THEUNS JORDAAN, ELIZMA THERON en JANKE BRUWER. Regisseur: Darrell James Roodt.
Ouderdomsperk: Almal
Begin 23 April.

Ons dink: 2/5



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (16)


  1. Essie
    2011/06/23 02:18:26 nm
    Ek dink dit was puik. Elizma het haar rol goed gespeel en selfs paratjie. ek is 'n groot fan van haar en Theuns. Hulle sing absoluut finominaal. Hou so aan. Adri de Koker jy gaan dit geniet. Net jammer almal wat nie daarvan hou is sulke suurknolle. Maklik om te kritiseer.
  2. Raymond
    2010/12/08 07:23:02
    Dit was glad nie 'n goeie fliek nie. Die akteurs was nie in die rolle nie. DIT SOU BETER GEWEES HET AS DIT REGTE AKTEURS WAS. Hoe stamp 'n kar 'n mens dan staan jy regop met geen merke en daar's niks foud met die fiets nie. Cristina Storm was een van die bestes daar. Hulle het probeer om groot name in die fliek te se om 'n sukses daarvan te maak en dit was glad NIE 'n SUKSES NIE EK GEE DIE FLIEK 0/5
  3. DORINDA KLUE
    2010/11/02 01:59:16 nm
    Ek het die naweek die dvd gaan uit neem en gekyk. dis fantasties mooi, ek het dit baie geniet. dit sommer 2 keer gekyk.
  4. Mel D
    2010/08/06 12:23:05 nm
    Ek het regtig die rolprent baie geniet. Baie dankbaar dat daar weer met Afrikaanse rolprente begin word, want ons land kan. Ons hou van lag, pret, goeie musiek en het 1 vd mooiste lande in die wêreld. Net jammer die end was bietjie stomp: sou graag wou weet hoe dinge vir die skool uitgedraai het, wat het met die nuwe geliefdes gebeur ( het hulle op Loxton gebly of stad toe getrek ens.) Maar ek sal weer die rolprent kyk. Suid Afrika het baie talente, doen so voort.
  5. lielie
    2010/08/05 09:06:30 nm
    wel ekt die dvd gekoop heti rerg geweet waroor dit gani tot ekke snot en trane huil het en besef dit its wat rerg op ons klein gemeenskape gemik is....
  6. Carmen
    2010/07/09 08:34:28 nm
    DIS DIE BESTE AFRIKAANSE FLIEK OOIT. MAG DAAR NOG BAIE MEER WEES!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
  7. Izelle Pieterse
    2010/07/07 09:43:39
    Dit was nou regtig 'n mooi fliek, ek het dit baie geniet en ek hoop daar kom 'n 2de een uit!!!!!!!!!!!!
  8. heste-mari swanepoel
    2010/07/04 11:34:38 nm
    die flik is n wenner ek het dit gekoop en gekyk nooit syt da oor nie dis n mooi flik en daar moet seekerlik n nommer 2 uit kom asb dit n baie mooi en het ook in die fliek trane in my oe gekry dis n pragtige rol prent goed gedoen elizma en theuns
  9. heste-mari swanepoel
    2010/07/04 11:29:46 nm
    dis n flipin goei flik en julle moet dit kyk en elizma julle moet jakelsdaans nomer 2 maak asb
  10. Wanda
    2010/07/01 12:51:24 nm
    BAIE MOOI FLIEK MUSIEK IN DIE FLIEK IS STUNNING EK STEM NET DAT DIE EINDE NIE WAS WAT EK GEDINK HET DIT GAAN WEES NIE MAAR BESLIS DIE KYK WERD
  11. Hannelie
    2010/06/14 11:36:48
    Ek het dit gekyk en het met tye hartseer geraak, het my ingeleef in die fliek. Sou net 'n beter einde wou gehad het, dat Ruan Landman en Mara die vonke behoorliker oopgedraai het. Weereens Niel Sandilands briljant in sy toneelspel.
  12. Miquetté van Eden
    2010/05/28 02:27:10 nm
    Ek stem saam met Adri de Koker en ek dink ons kan n bietjie meer doen met goeie Afrikaanse rolprente .h ? wat se julle ek is al uitgehonger aan n paar ordentlike Afrikaase flieks.
  13. Santa
    2010/05/19 07:26:04 nm
    uitgerek, vervelig, vrou trippel op hoë hakke om haar kind te soek in die Karoo stof. Enigste ligunt is Neil en Christina se toneelspel.
  14. janelle beauzec
    2010/05/12 04:24:24 nm
    ai is ek bly om weer afrikaanse rolprente te kan sien.kani wag om hom te sien nie dankie julle ons wil nog meer sien hou so aan
  15. Billy S
    2010/04/24 02:33:56 nm
    Kan jy dit nou glo, n lekker agteroor sit en kyk fliek in ons eie taal sonder al die " kom ons probeer snaaks wees "tjol. Die akteurs gaan beslis nis oscar benoemings kry nie maar wie gee daarvoor om.
    Baie geluk dit is n fliek wat ek kan aanbeveel. Baie mooi natuur tonele, soos die sons ondergange en die dorre Karoo wat op sy unieke manier sprankelend mooi is. Mooi Afrikaans ook.
    Akteurs wat sommer uit die gemeenskap kom, wonderlik dat n klein dorpie soos Loxton saam met Deon Meyer so n lekker fliek kon saamstel. Aan RSG wat die dorpie ook ondersteun en veral vir Amore Bekker hou so aan julle doen baie goeie werk om die klein gemeenskappie en skool te help en ek voel dat Loxton nou weer op die "map" geplaas is.
  16. adri de koker
    2010/04/20 03:27:23 nm
    Ek gaan dit beslis kyk. Ons kan doen met afrikaanse rolprente.