DVD: The Jerk Theory

Al lyk dit soos net nog ’n High School Musical, is The Jerk Theory sprankelend genoeg om dit te laat uitstaan.

Daar is ’n sterk vonk tussen die twee hoofakteurs en ’n lewendige klankbaan wat grotendeels op Josh Henderson se debuutalbum gegrond is.

Adam (Henderson) is ’n ontluikende musikant en ’n regte gladdebek as dit by die meisies kom. Maar toe hy afgesê word, verander hy sy deuntjie en kom vorendag met wat hy die “jerk theory’’ noem. En dit werk. As skurk kry hy al die meisies – tot sy paadjie met dié van die borrelende Molly (Dewan) kruis. Sy is klaar met skurke en skielik moet Adam sy teorie hersien, met baie snaakse gevolge.

Die veteraan-akteur Tom Arnold in die rol van die lomp vader Bailey dra by tot die pret. Die mollige Clinton (Jesse Heiman) steel die kollig toe hy te hard probeer koel lyk. Die borrelende, lekkervoel-komedie is ideaal vir ’n gesinsaand by die huis.

Tienerkomedie. Met Josh Henderson, Jenna Dewan en Tom Arnold. Regie: Scott S. Anderson. 2009. 93 min. 13S.

Wat ons dink: 3/5



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (0)


Jou naam: Jou e-posadres:

Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou. Built by Blueworld Communities