DVD: Rise of the Planet of the Apes

E-pos
Print

Wetenskapsfiksie/drama.
Met Andy Serkis, James Franco, Freida Pinto en John Lithgow.
Regie: Rupert Wyatt.
2011. 101 min.
13G.
Ons dink: 4/5


Die reeks Planet of the Apes-rolprente het blykbaar klaar al die moontlikhede uitgeput. Die fliek van 1968 met Charlton Heston in die hoofrol is klassiek, maar in die vele opvolge het die verhaal afgewater geraak.

Nou blaas ’n vindingryke draaiboek nuwe lewe in die storie: Dit verduidelik hoe dit gebeur het dat ape die wêreld begin regeer het.

Die wetenskaplike Will Rodman (Franco) voer proefnemings op sjimpansees uit, want hy probeer ’n kuur vind vir sy pa (Lithgow) se Alzheimer-siekte. Ná ’n laboratorium-ongeluk word al die sjimpansees van kant gemaak, behalwe die kleintjie Caesar (Serkis).

Will bring hom huis toe, en namate Caesar groter word, toon hy ’n byna menslike intelligensie. Dan begin hy ape se plek in die mensewêreld bevraagteken.

Lithgow is treffend as die Alzheimer-lyer en Serkis se gevoelvolle spel deur sy bewegings sorg dat jy aan sy kant is. ’n Boeiende, intelligente fliek met ’n opwindende hoogtepunt.

Bonus: uitgesnyde tonele, kort flieks.

Volg Huisgenoot op Twitter.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (0)


Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou.