DVD: Remember me

E-pos
Print

Ons dink: 2/5
REMEMBER ME
Drama. 2010. 108 minute. Met Robert Pattinson, Emilie de Ravin en Pierce Brosnan. Regie: Allen Coulter. 13TSG.

’n Mens kan verstaan dat Robert Pattinson ná die roem wat hy in die Twilight-flieks verwerf het, ‘‘dieper’’ rolle wil kies om sy slag as akteur te wys.

Want as vampier het hy nogal ’n beperkte keuse van emosies. In Remember Me knoop Tyler (Pattinson) ’n verhouding met Ally (De Ravin) aan. Albei se lewe is al op ’n jong ouderdom deur ’n tragedie getref.

Hulle smee ’n sterk band, maar hul onderskeie gesinsprobleme kompliseer hul liefdesverhaal.

Die fliek is soms voorspelbaar, ’n bietjie melodramaties, maar tog vermaaklik. Die einde is onnodig en geforseerd.

Maar as jy dink Pattinson is die warmste ding op twee bene, is daar oorgenoeg skote van hom om jou gelukkig te hou.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (13)


  1. Tina
    2010/09/09 08:19:32 nm
    Ek het neusloop en trane gepik op die einde, het heeltemal iets anders verwag. Het nie vooraf geweet waaroor dit gaan nie, dit was 'n puik fliek gewees en Robert Pattinson het sy rol uitsteekend gespeel.
  2. Jessica
    2010/09/05 08:45:30
    Ek dink Robert is vreeslik mooi en hy sal my coolste akteur bly
  3. Leandra
    2010/08/30 03:54:01 nm
    Ek dink hy is 'n ongelooflike goeie akteur. 'n Mens kan nie eers sy britse aksent hoor in die Twilight reeks nie. Wil graag sy ander flieks kyk, maar is nog nie bereid om die vampire beeld te verander in iets anders nie ;-)
  4. Charmaine
    2010/08/10 04:26:37 nm
    Hy is en sal altyd my gunsteling akteur bly - Is mal oor hom! Hy het sy rolle tot dusver puik vertolk in die Twilight Saga en in Remember Me het hy bewys dat hy 'n goeie akteur is. Hopelik sal ons nog baie van hom te sien kry. Kan nie meer wag vir Breaking Dawn nie en kan nie glo ons moet tot 16 November 2012 wag om die laaste film in die reeks te sien nie...
  5. Benita
    2010/08/06 11:40:28
    Sjoe mooi is nie die woord nie!! Hy is mooier as mooi!! en die fliek................Fantasties het snot en trane gehuil!!!!
  6. Liezel
    2010/07/30 11:06:51
    ai.....Ja nee....mooi was nog nooit lelik nie.....Hy's 'n sweetie pie.....in my oe....go for it Robert you deserve only the best...!!
  7. juanita
    2010/07/30 10:07:48
    so moet my droom man moet wees ek sal wat doen om so n oulike ou te he hy speel goed in die prent .Hy lyk soos n ou wat oulik kan wees met sy meisie .Sy ma is seker so bly om so mooi seun te he
  8. Helen
    2010/07/30 10:01:47
    Dit was 'n verandering van scenary,as jy my vra,maar 'n baie goeie een,en ja ek het my oë amper uitgehuil op die einde ,maar dit was die moeite werd om te kyk,hy is 'n goeie akteur,Go Robert!!!
  9. Amelia ireton
    2010/07/29 06:55:36 nm
    Ek het my ogies uitgehuil met die fliek, hy is `n pragtige mens en sowaar goeie akteur .
  10. wendy
    2010/07/29 05:56:10 nm
    mense,di fliek geld mors!ag nee tog.1/5
  11. Dálene
    2010/07/28 11:39:50
    Ek dink Robert Pattinson het bewys dat hy meer as net 'n vampier kan wees in die fliek. En ek sê dit in alle reg (ek is nie Team-Edward nie). Die einde van die fliek bly mens lank na die tyd by en alhoewel baie mense sê dat dit oor dramaties is dink ek die unieke kyk op wat gebeur het op daai spesifieke dag en hoe dit families getref het is effektief. Die fliek self is bietjie voorspelbaar en kan nogals lank begin voel.
  12. Chante'
    2010/07/27 12:18:47 nm
    I thought that the movie was amazing, and the fact that he did it after twilight... showed us (viewers) that he doesn't only work for the money but because of the fact that he enjoys his job... It make me appreciate him even more as an actor
  13. christine
    2010/07/26 08:56:55
    sy ma moet baie trots wees op hom,en enige skoonma se droom man wees vir haar dogter ek weet hy is vir my,sjoe het ons ook sulke mooi man gehad toe ons jonk was.haha net die baeste wense vir hom goeie fliek,hy is n baie goeie akteur .