DVD: New Moon

E-pos
Print

Of jy daarvan hou of nie, daar is iets verslawends vir tieners, en selfs vir party volwassenes, aan The Twilight Saga.

In die langverwagte opvolg op die eerste fliek verlaat Edward (Pattinson) Bella (Stewart). Sy verval in ’n depressie en waag haar lewe om hom terug te wen. Sy vind troos by die aantreklike Jacob Black (Lautner). Maar terwyl Bella op sy skouer huil, het Jacob sy eie probleme–hy is besig om ’n weerwolf te word.

Bella vind belangrike dinge oor haar toekoms uit en sal gedwing word om tussen twee supersexy ouens te kies wat om haar aandag meeding. Sal haar besluit Span Edward-of Span Jacob-aanhangers teleurgesteld laat?

Nou wag ons met ingehoue asem vir The Twilight Saga: Eclipse. As jy nie ’n Twihard is nie, kan jy dié melodramatiese manie maar vermy. Bonus: kommentaar, uitgesnyde tonele, voorskou van Eclipse.

Fantasie-romanse. Met Kristen Stewart, Taylor Lautner en Robert Pattinson. Regie: Chris Weitz. 2009. 125 min. 10G.

Ons dink: 3/5



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (7)


  1. Monique
    2011/11/22 04:48:29 nm
    Ek hou van di fliek dit is baie Drama en het baie aksie nou kan ek nie wag vir breaking dawn
  2. Jermajesty
    2011/05/06 11:27:34
    Stands back from the keyboard in azmaement! Thanks!
  3. chanel
    2010/05/08 09:45:54 nm
    dit is n fliek wt amal laaik
  4. Priscilla
    2010/04/08 12:42:47 nm
    Nee wat ek wil dit verniet kyk nie. My broer se girl se dogter is 11jr oud en dis net Edward voor en agter en snaaks genoeg sy sal so op die bank sit en villa rosa kyk dan begin sy al te giggel en sê" Wonder wat sal sy doen as Edward in haar nek gaan blaas" Die arme kind het n opsessie oor die twilight en new moon en het die boek al almal gelees tot haar ma dit agter gekom het daar fout. Hou dit weg van jonger kinders hulle verstaan nie altyd die begrip nie. Om te kyk en te vergeet is n ander saak maar om te droom en die heeldag net aan dit te dink en daaroor te praat dis vir my siek.
  5. Elizabeth
    2010/04/08 07:43:32
    Ek is 23 en mal oor die fliek kyk as so man na my staar sal ek glad nie omgee nie, Toe ek die eerste een gesien het het mal oor die fliek geraak my verloofde is ook mal daar oor.... Die konsep wat in die vliek is is brilljant dis nie verslavend nie maar die manier hoe die flieks gemaak is wat dit jou aantrek om dit te kyk daar is niks verkeerd om die Flieks te kyk nie en as daar was dan moes hulle Harry Potter oor iets an gedoen het want kinders glo daarin
  6. Tanya
    2010/04/03 05:25:39 nm
    Twiligh is GR8 die movies en die boeke .. self my 4 jarige seuntjie is mal daaroor ... (so erg hy verwys al na homself as Edward) Geniet dit !!!!
  7. Ankia
    2010/04/02 11:31:54 nm
    Dit is 'n asemrowende fliek en die boeke is onbeskryflik net n jamerte hulle haal die helfe van die boek uit en sit dit in die fliek, jy sal so 'n beter, vorm van die storie kry as jy die boek lees. Raad moenie eers die boek lees en dan die fliek kyk nie dit sal ju net verstreer