DVD: Monte Carlo

E-pos
Print

Avontuur-komedie.
Met Selena Gomez, Katie Cassidy, Leighton Meester.
Regie: Thomas Bezucha.
2011. 101 min.
13O.
Ons dink: 2/5


Grace (Gomez) gaan saam met haar beste vriendin (Cassidy) en moeilike stiefsuster (Meester) Parys toe. Toe hulle in ’n spoghotel beland, word Grace vir ’n ryk, hoogmoedige sosiale vlinder, Cordelia (ook gespeel deur Gomez), aangesien en hulle word Monte Carlo toe genooi vir ’n liefdadigheidsgeleentheid.

Tussendeur ontmoet hulle oulike ouens en raak verlief terwyl hulle die lewe in die hoë kringe terdeë geniet.

Plek-plek voel die fliek soos ’n uitgerekte episode van ’n Disney-program, maar al is Meester se karakter al een met ’n bietjie diepte, is al drie hoofkarakters sjarmant en snaaks.

Gomez vertolk die rol van die ryk sosiale vlinder veel beter as dié van die doodgewone meisie; dis jammer haar Cordelia-karakter speel nie in meer tonele nie.

Hou verby as jy sinies is en nie van voorspelbare eindes hou nie, maar as jy lus is vir skadelose ontvlugting, sal jy dit geniet. En die uitsig oor Parys vanaf die Eiffel-toring is pragtig.

Bonus: uitgesnyde tonele, kortflieks.

Volg Huisgenoot op Twitter.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (0)


Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou.