DVD: Crank 2 - High Voltage

Aksie. Met Jason Statham, Amy Smart en Art Hsu. Regie: Mark Neveldine en Brian Taylor. 2009. 92 min. 18TNGS.

Met sy vergesogte storie en nimmereindigende verwoesting is Crank (2006) een van die opwindendste aksieflieks wat jy ooit sal sien. Die sluipmoordenaar Chev Chelios (Statham) is terug nadat hy oënskynlik aan die einde van die eerste fliek dood is. Nadat hy letterlik uit die lug val, steel Chinese bendelede sy hart en vervang dit met ’n elektriese een. Chelios en sy ontkleedanseres-meisie (Smart) moet die skurk Johnny Vang (Hsu) vind sodat hy sy hart kan terugkry. Intussen moet Chelios sy hart gedurig herlaai om te bly leef – by kragdrade, motorbatterye en selfs met ’n sekssessie in die openbaar...

Die vinnige pas begin in die eerste sekonde en verslap nie tot die laaste raampie nie. En met knap kamerawerk, ’n goeie skeut absurde humor en ’n tikkie tong-in-die-kies-surrealisme is hierdie fliek stylvol. Dit verdien elke letter van sy TNGS-gradering, sodat jy vooraf weet waarvoor jy jou inlaat. Maar vir aksie-slawe is dit ’n moet.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (1)


  1. Carmen
    2010/02/07 01:27:44 nm
    Die aksie is goed maar dit kort verbeelding.
Jou naam: Jou e-posadres:

Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou. Built by Blueworld Communities