DVD: Aliens in the Attic

Avontuurkomedie. Met Carter Jenkins, Austin Butler en Ashley Tisdale. Regie: John Schultz. 2009. 82 min. OBG.

Tom Pearson (Jenkins) is ’n bleeksiel-tiener met ’n kop vir syfers. Hy is glad nie lus vir ’n vakansie in ’n huurhuis langs ’n meer in die middel van nêrens saam met sy gesin nie. Boonop sit hy met sy suster Bethany (Tisdale) se irriterende kêrel opgeskeep. Dan land ruimtewesens op die solder wat die mensdom wil uitwis. Maar hul wapens is nutteloos teen kinders. Tom en kie moet die wêreld red.

Die rolprent het sy oomblikke, maar die toneelspel is nie watwonders nie en aanhangers van die High School Musical-ster Ashley Tisdale sal teleurgesteld wees omdat sy min te sien is. Party tonele kan jong kinders bang maak. Bonus: Onder meer kortflieks en uitgesnyde tonele.

Wat dink jy van hierdie DVD? Gee jou opinie in die kommentaarveld hieronder.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (1)


  1. pop
    2010/02/05 12:03:21 nm
    Rerig n terug sit popcorn fliek. n MOET SIEN!!!!
Jou naam: Jou e-posadres:

Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou. Built by Blueworld Communities