RIGLYNE VIR HUISGENOOT SE KORTVERHALE
Lengte: 2 000 woorde.
Genre: Alle genres, insluitend liefdesverhale, maar ons wil graag meer verhale met 'n kontemporêre aanslag plaas. Verhale wat handel oor gesinsverhoudinge, sosiale aangeleenthede, die internet en e-pos, ens, asook whodunits, is dus welkom.
Storielyn: Die hoofvereiste is dat die verhaal lekker moet lees, en as daar 'n verrassing op die leser wag, des te beter. Dit moet ook opbeurend eerder as morbied en prikkelend eerder as gewaagd wees. Laastens moet daar 'n definitiewe storielyn wees; sketse word nie aanvaar nie.
Teikenmark: Huisgenoot is 'n gesinstydskrif en ideaal gesproke moet die kortverhale geskik wees vir almal (mans en vrouens asook jong mense).
Aanbieding: Slegs getikte manuskripte sal vir keuring aanvaar word.
Om ons sub-proses te vergemaklik let asb op die volgende:
• Gebruik dubbele aanhalingstekens deur SHIFT en die toets met dubbele aanhaaltekens te druk.
• Gebruik net een spasie ná punte, kommas, kommapunte, vraagtekens, ens.
• Druk ENTER net een keer om ‘n paragraaf te maak; moenie indents maak nie.
• Vermy die oorgebruik van aksenttekens; gebruik dit net waar absoluut nodig.
• Vermy die gebruik van verkleinwoorde.
Betaling: R1,25/woord.
Sorg asseblief dat volledige adres- en kontakbesonderhede op die mss verskyn (ook aanghegsels wat per e-pos gestuur word).
E-pos is verkieslik (cvanzyl@media24.com) of pos dit aan Huisgenoot, Posbus 1802, Kaapstad 8000, en merk dit vir die aandag van Cecilia van Zyl.
Volg Huisgenoot op Twitter.