Vir kinders: My Eerste Woordeboek

E-pos
Print

MY EERSTE WOORDEBOEK deur Maja Sereda (Lapa Uitgewers, R80)

Maak jou kind se ore klein-klein oop vir die klank van meer tale as net sy eie.

Hierdie groot hardebandboek stel ’n kind gelyktydig voor aan Afrikaans, Engels, Xhosa en Zoeloe.

Dit is in temas opgedeel soos Partytjietyd, Plaas, My Liggaam, Skool Toe en Diere. Onder die tema Dwarsdeur die Jaar, byvoorbeeld,  word die dae van die week, seisoene, maande van die jaar en weerstoestande baie mooi geïllustreer. Elke prentjie word deur een woord in die vier tale beskryf.

Dit is geskik om aan kinders van so jonk as drie voorgelees te word, terwyl dit vir skoolgaandes goeie oefening sal wees om te sien hoe dieselfde woord in verskillende tale gespel word.

Maja Sereda, ’n oud-Pool en oud-Tukkie, se illustrasies is realisties en vol humor. Benewens ouers wat graag vir hul kinders voorlees, sal die boek ook in enige skoolbiblioteek ’n aanwins wees.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (1)


  1. Cotie Steyn-Chieppa
    2010/04/05 06:27:13
    Baie goeie idee. Om kinders so jonk as moontlik aan 'n woordeboek bekend te stel. Maja Sereda se benadering is voorwaar 'n goeie manier dit vir kleintjies toeganklik te maak. Ons sien uit na haar volgende boek.

    Cotie