Van flippit! tot Thomas@

E-pos
Print
Carina Diedericks-Hugo
Carina Diedericks-Hugo

Sênou maar die huis raak aan die brand, wat sal Carina Diedericks-Hugo eerste red?

“My Maasdorpboeke, duh!” roep sy uit en wys trots na die versameling tussen die duisende ander boeke in haar Stellenbosse huis. Maar natuurlik eers wanneer haar katvriende en manlief, die skrywer Daniel Hugo, veilig is, voeg sy dan vinnig by.

Deesdae is Carina se Thomas@-jeugboeke net so gewild soos Stella Blakemore se ikoniese reeks, en baie kinders lees al sewe Thomas@-boeke oor en oor – nes Carina elke jaar met haar kosbare Maasdorp-boeke gemaak het.

Sy is al vyf keer met die ATKV-Kinderboektoekenning vereer, ’n prys waarvoor kinders self stem. En sedert sy in 2001 begin skryf het aan Thomas@moord.net, is meer as 100 000 eksemplare van die avonture van die Kaapse skoolseun Thomas Steyn al verkoop.

Carina se jong aanhangers smeek haar gereeld om nog Thomas@-boeke te skryf en vanjaar verskyn die agtste boek in die reeks.

Sy het as student gou besef diep en donker letterkunde vloei nie gemaklik uit haar pen nie. ’n Uitgewersvriendin het haar aangemoedig om jeugboeke te begin skryf, en nou, sê die mooi blondine, kan sy aan niks lekkerders dink om te doen nie.

Lees meer in die Huisgenoot van 4 Februarie 2010.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (4)


  1. Isabel Grobler
    2010/08/11 12:57:49 nm
    Carina, hierdie Thomas boeke van jou is uitmuntend. Ek bied Afrikaans Eerste Addisionele taal aan en Thomas@aqua.net en -sms.net word voorgeskryf vir ons graad 8 en 9's. Die kinders is mal oor die boeke.
  2. Lizelle
    2010/06/10 09:42:33 nm
    wat is die 8ste boek se naam?? Ek is mal oor die boeke
  3. Carla Cato
    2010/03/08 09:47:22 nm
    Ek is so bly die nuutste boek is uit...
    Vandat ek die reeks begin lees het kon ek nooit die boek
    neersit of wag om die volgende een te koop nie!
    Carina Diedericks-Hugo skryf regtig vir my baie mooi.
  4. Liandi
    2010/02/04 09:25:14 nm
    ek is mal oor daai thomas @ boeke