Solly se nuwe Bybel-dagboek

E-pos
Print

Voel jy daar is Bybelboeke waarby jy nooit uikom nie? En bitter man van weet? Dan moet jy beslis hierdie dagboek in die hande kry.

Solly Ozrovech het die Bybel van voor tot agter gevat en 365 dagstukkies geskryf sodat jy in een jaar dwarsdeur die Ou en Nuwe Testament kan werk.

Elke dag begin met ’n paar teks-verse en onderaan kom dan ’n kragtige boodskap in Solly se kenmerkend verstaanbare woorde. So skryf hy na aanleiding van Jakobus 3:3-12 hoe die mens homself eers kan leer ken as hy bereid is om absoluut eerlik met hom-self te wees.

“Mense verberg hul sondes, swakhede en mislukkings agter ’n muur van onvolwasse verskonings,” skryf hy onder meer.

Dié geliefde skrywer lei en begeester mense al langer as 50 jaar met sy  preke en boeke.

Die 365 Minute Bybel-dagboek
Deur Solly Ozrovech, Carpe Dien, R119,95.
Ons dink: 3/5



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (1)


  1. Bee
    2010/10/07 01:13:51 nm
    Sjoe, never mind the humans, I think those poor guinea fowl are traumatised and will need counselling ...