Skrywer se donker depressiehel

Marian Keyes (Foto: Elite)
Marian Keyes (Foto: Elite)

Dit was ’n ontboeseming wat haar miljoene aanhangers sprakeloos gelaat het – dat een van die gewildste skrywers van haar tyd in hierdie dae so kwaai onder die las van depressie gebuk gaan dat dit haar heeltemal buite aksie gestel het.

Die Ierse skrywer Marian Keyes is een van die baanbrekers van sogenaamde chick lit-boeke, en haar heldinne, vroue met leeuemoed, kan die snykant van die lewe met eg Ierse humor stomp stamp.

Maar Marian self vind deesdae nie veel om oor te glimlag nie. So het sy op 10 Januarie op haar webtuiste teenoor haar aanhangers verklaar: “My liewe amigos, voorspoedige nuwe jaar vir julle almal en ek hoop die feesgety was nie te onsmaaklik nie. Ek is baie jammer, maar dit gaan ’n baie kort stukkie wees dié, want ek is platgetrek deur verlammende depressie. Gereelde lesers weet ek is vatbaar vir depressie, aan en af oor die jare, maar hierdie keer is dit in ’n liga van sy eie. Dis baie erger.”

Baie mense kan hulle skaars indink hoe ’n vrou met ’n liefdevolle man en ’n suksesvolle loopbaan wat van haar ’n multi-miljoenêr gemaak het, aan depressie kan ly. Sedert haar eerste boek, Watermelon, in 1995 gepubliseer is, is al 23 miljoen eksemplare van haar 11 boeke verkoop. Marian was nog altyd eerlik oor haar demone – ook alkoholisme.

En nou skryf sy: “Ek weet mense gaan vra: ‘Waaroor is sy depressief, die selfbehepte kermkous, as daar ander mense is wat regte probleme het?’ “Al wat ek wil sê, is dat ek bewus is van die moeilike tye en dat daar mense is wat so verpletter is deur die huidige ekonomiese klimaat dat hulle die dak oor hul kop verloor het en elke dag vir hulle ’n stryd om basiese oorlewing is, en ek wens ek kan hul pyn laat verdwyn.”

Lees oor Marian se stryd in Huisgenoot van 21 Januarie.

Op die internet
- www.mariankeyes.com 


Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (1)


  1. Toinette
    2010/02/08 12:18:01 nm
    Dit maak nie saak wat jy doen of hoeveel kere jy dit doen nie.
    Al doen jy dit uit beginsel of uit jou hart, dit is maar net partykeer
    net nooit genoeg nie. En elkeen een van ons gaan daardeur baie
    van ons kan dit net nie meer hanteer en gaan lê, ander weer neem
    hulle eie lewe. En ander weer staan op vee hulle af en gaan aan,
    want as ons almal moet opgee omdat ons nie goed genoeg is vir
    ander nie wie gaan dan daardie mense laat besef hulle is ook nie
    goed genoeg nie?
Jou naam: Jou e-posadres:

Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou. Built by Blueworld Communities