Resepteboek: Jamie's Italy

E-pos
Print

Dis die soort raakvat-smul-en-deel-met-vriende-benadering tot kos wat ons nou al verwag van die TV-kok met sy seunsagtige sjarme en passie vir kook.

Ek is dol oor sy boeke – dis leersaam en onpretensieus en jy kan byna die geregte proe terwyl jy lees. Jamie se nuutste boek bring Italië na jou kombuis: die pollo alla cacciatora (hoender met rooiwyn en olywe) sorg vir ’n heilsame en vullende ete, net soos die peposo (’n peperige biefbredie). Nog ’n gunsteling is spaghetti con gameretti e rucola (met steurgarnale en roket ) – alte lekker!

Sommige resepte is kwalik alledaags (gebraaide konyn en lasagne gemaak met wildevoëlvleis), maar dis ’n interessante element van die boek se reisdagboekformaat. Die foto’s is op sigself ’n fees vir die oog – jy sal dié kookboek weer en weer deurblaai.

Jamie's Italy deur Jamie Oliver, R200.

Ons dink: 4/5



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (0)