Thomas en sy vriende Hannes, Alex, Lilian en Lukas is almal in die Hoërskool Leeukop, en Thabo in die Cape Boys’ College.
Die sestal is doodgewone gr. 9-ouens en -meisies, met ’n gesonde belangstelling in alles wat rondom hulle aangaan.
Dis tyd om hulle van nader te leer ken, want met Huisgenoot en LAPA se koel soektog na jong lesers wat dié boekkarakters se lewende eweknieë is, kan jy groot pryse wen.
Buiten kontantpryse vir die ses wenners, is daar nog R15 000 se rekenaartoebehore op die spel!
Thomas Steyn (15) het swart hare en blou oë
Belangstellings Rugby, swem, rekenaarspeletjies, internet, meisies, kos, kuier
Gunsteling-musiek Straatligkinders, Van Coke Kartel, Foto na Dans, Bowling for Soup, Glaskas, Linkin Park, Coldplay, Goldfish, Kaiser Chiefs, The Killers, The Parlotones, Prime Circle
Gunsteling-kos Pizza!
Op sy pizza eet hy Sampioene en salami
Gunsteling-fliek District 9, Die Hard 4.0, Kung Fu Panda, Slumdog Millionaire, Transformers, Napoleon Dynamite
Gunsteling-sêding “Die piesangs gaan nou vlieg!”
Lilian Jantjies (14) het donker hare en bruin oë.
Belangstellings Musiek, fliek, kuier saam met vriende, dans
Gunsteling-musiek Craig David, Beyoncé, Sugerbabes, Pussycat Dolls
Gunsteling-kos Wraps, pizza en smoothies
Gunsteling-fliek Slumdog Millionaire, Dreamgirls, Step up, Center Stage, Dirty Dancing
Thabo Mnyani (14) het swart hare en bruin oë
Belangstellings Meisies, rekenaarspeletjies, musiek
Gunsteling-musiek Zola, NE-Yo, Timbaland, Taxi Violence, Skwatta Camp
Gunsteling-kos Hamburgers (MacDonald’s rules!)
Gunsteling-fliek District 9
Gunsteling-sêding “False alarm! Thabo’s in the house!”
Hannes le Roux (15) het blonde hare en groen oë
Belangstellings Eet, rugby, eet, meisies, eet, rekenaarspeletjies, pelle
Gunsteling-musiek aKing, Van Coke Kartel, Foto na Dans, Glaskas, Coldplay, Goldfish, Kaiser Chiefs, The Killers, The Parlotones, Prime Circle, The Verve
Gunsteling-kos Enigiets wat eetbaar is. Of selfs nie. Regtigwaar . . . enigiets!
Op sy pizza eet hy Spek, piesang, pynappel en knoffel
Gunsteling-fliek School of Rock, District 9, Die Hard 4.0, Hot Fuzz, Transformers, Napoleon Dynamite
Gunsteling-sêding “Duh!”
Alex (Alexandra) Louw (14) het donker hare en groen oë
Belangstellings Musiek, lees, fliek, kuier saam met vriende
Gunsteling-musiek Beethoven, Mozart, Sarah Brightman, Michael Bublé, Kelly Clarkson, Freshly-ground
Gunsteling-kos Wraps, pizza en smoothies
Gunsteling-fliek Love Actually, August Rush, Paris Je T’Aime, Twilight, Slumdog Millionaire
Gunsteling-sêding “Sy eet pizza met ’n mes en vurk.”
Lukas Barnard (15) het ligte hare en groen oë.
Belangstellings Swem, rugby, pelle
Gunsteling-musiek aKing, Straatligkinders, Van Coke Kartel, Foto na Dans, Bowling for Soup, Glaskas, Karen Zoid, Linkin Park, Coldplay, Goldfish, Kaiser Chiefs, The Killers, The Parlotones, Prime Circle, The Verve
Gunsteling-kos Pizza en hamburgers
Gunsteling-fliek District 9, Die Hard 4.0, Kung Fu Panda, Slumdog Millionaire, Transformers, Napoleon Dynamite
Wen ’n koel R10 000 as jy soos Thomas lyk. Of R5 000 as jy soos een van sy vriende lyk!
Huisgenoot en LAPA Uitgewers is op soek na Thomas Steyn en sy vyf vriende in lewende lywe. Klink die be-skrywings van die ses maters dalk na jou of iemand wat jy ken? Dan kan julle dalk in die toekoms op die voorblad van die Thomas@-boeke pryk. En jy weet klaar van die komkommerkoel kontantpryse vir ons ses wenners.
Neem so deel
Stuur vir ons ’n duidelike, onlangse foto van jouself en vertel vir ons in 500 woorde (maksimum) waarom jy dink jy een van die karakters kan wees. Heg dit aan jou inskryfvorm en merk duidelik watter karakter jy voor inskryf. Jy kan ook ’n vriend/in inskryf mits jy dié se toestemming het. Jou inskrywing moet ons voor of op 25 Februarie bereik. Stuur dit na: Huisgenoot/LAPA soek Thomas, Posbus 123, Pretoria 0001. As jy per e-pos inskryf, moet jy die karakter se naam in die onderwerpveld skryf. Stuur jou e-pos na lapa@lapa.co.za en maak seker jy sluit dieselfde inligting in. Foto’s (onlangs en duidelik) moet nie groter as 2 MB en 300 dpi wees nie.