Dagstukke vir kinders deur kinders

E-pos
Print

'n Mens weet eintlik glad nie hoe die kinders van die Bybel geklink het nie, maar Jaco Thom kry dit in dié boek nogal goed reg om aan hulle ’n stem te gee.

Hy laat die 14-jarige Daniël byvoorbeeld vertel hoe dit was toe koning Nebukadneser hom en ’n klomp ander Joodse seuns weggevat het Babel toe, en Miriam vertel van die plan om haar boetie Moses se lewe te red – in ’n lekker geselstrant wat ’n jong laer-skoolkind sal verstaan.

Isak leer jong lesers om nie te jok nie, Jakob leer hulle om vrede te maak met ’n boetie of sussie en Ester oor die Here wat help as niemand anders kan nie.

Daar is ’n leesstuk vir elke weekdag en vir die naweek is notas vir die ouers en sake waaroor julle kan gesels om seker te maak die kinders het verstaan wat hulle die voorafgaande week gelees het.

’n Bekostigbare en kosbare boekie.

Boek: Dagstukke vir kinders deur kinders
Skrywer: Jaco Thom
Uitgewer: Carpe Diem
Prys: R89,95
Wat ons dink: 4/5



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (0)