Boek: Cape lives of the 18th century - Karel Schoeman

E-pos
Print

Daar is net een manier om terug te reis in die tyd: met ’n goed geskrewe en behoorlik nagevorste boek wat jou tot in die leefwêreld van individue neem.

In dié boek het Schoeman die lewe van 18 individue aan die vroeë Kaap nagevors en oorvertel binne die sosiale, ekonomiese en politieke konteks van die tyd.

Hy neem jou as’t ware op reis deur hul lief en leed en hoe radikaal anders dit 300 jaar gelede was. Daar is verhale van
slawe, die inheemse bevolking, setlaars en amptenare.

Om die stigting van die kolonie aan die Kaap werklik te verstaan – al die onderstrominge en woelinge – en waar ons almal vandaan kom, is dit eintlik nodig om dié geskiedenis te lees soos deur Schoeman geskryf.

Want die geskiedenis is nie net vervat in bekende figure nie, maar ook in die lewe van gewone mense van destyds. Mense soos ons.

Hoe mense geleef het en waar hulle vandaan gekom het, is allesbehalwe die romantiese indruk wat geskep word in populêre romans waar mense in sisrokke by die Kasteel dans.

Volg Huisgenoot op Twitter.

Soek jy ‘n winskopie? Kry hierdie produk teen die beste prys. KLIK HIER


Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (0)


Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou.