Boek: Wortematie - Wortel Strydom

E-pos
Print

Ons dink: 3/5

‘n Boek wat aangebied word as “die eerste Afrikaanse studenteroman in 30 jaar!” loop die gevaar om hom in die voet te skiet, nie soseer oor die geesdriftige uitroepteken nie, maar oor die benaming studenteroman. Want “studentikoos” is dan die eerste volgende woord waaraan ’n mens dink . . .

Maar Wortematie dwing jou gou om oor dié vooroordeel te kom en sy storie ernstig op te neem.

Wortel en sy vriende Afneef, Coitus, Pierre en Die Vox is inwoners van die Stellenbosse manskoshuis Dagbreek en hulle doen wat manstudente deur die dekades doen: kom bymekaar in een se kamer om bollie te praat, speel rugby op Coetzenburg, speel pranks op mekaar, raak verlief, mors hul ouers se geld, begin eers die nag voor ’n toets leer . . .
Jong lesers sal die boek geniet omdat dit nie gesteriliseer is nie en ’n baie getroue weergawe is van ’n tyd in mense se lewe waar hulle gereeld droogmaak, maar hulle tog voorberei vir ’n toekoms en probeer wegsteek dat daar meer aan hulle is as dronk word en klas bunk.

Volg Huisgenoot op Twitter.

Soek jy ‘n winskopie? Kry hierdie produk teen die beste prys. KLIK HIER


Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (2)


Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou.