Boek: Victor - My Reis deur Victor Matfield met De Jongh Borchard

E-pos
Print

Ons dink: 3/5

Dis nie net nog ’n onthulling van die doen en late van ’n sportlegende nie. Dis eerder ’n boek oor die najaag van drome en hoe die menslike gees teenspoed kan oorwin.

Die outobiografie van Matfield, ’n legende, ikoon en ja, vir sommige dodelik aantreklik, is moeilik om neer te sit.
As jy wil weet hoe dit regtig is om ’n Springbok te wees, moet jy beslis My Reis in die hande kry.

Matfield vertel wat dit verg om sukses te behaal, om vir die Bulle en die Springbokke oorwinnings te behaal – die harde werk en die opofferings wat professionele sportmense moet maak. Hy raak ook aan die rampsoedige Kamp Staaldraad, delf in omstrede besluite deur swak afrigters en vertel van die ligter sy van wêreldreise.

Dit gee die leser ’n kykie na wat werklik agter die skerms van Suid-Afrikaanse en wêreldrugby aangaan. Dit bevat ook baie persoonlike besonderhede oor Matfield, wat as een van die beste slotte ter wêreld beskou word.

Volg Huisgenoot op Twitter.

Soek jy ‘n winskopie? Kry hierdie produk teen die beste prys. KLIK HIER


Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (2)


Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou.