Boek: Prague Fatale - Philip Kerr

E-pos
Print

Ons dink: 4/5

Bernie Gunther is terug. Die privaat speurder se jongste avontuur (en die agtste in die reeks) speel af in 1942 waar hy spesiaal genooi word om sy voormalige baas, Reinhard Heydrich, by sy huis in Praag te gaan spreek.

Dié is die nuut aangestelde adjunk-Reich-protektor van die Protektoraat van Boheme en Morawië.

’n Klompie baie senior offisiere van die Duitse polisie en geheime diens word ook genooi. Maar dis helaas nie ’n vakansie nie en Bernie is nie ’n gas nie.

Hy kom gou agter Heydrich wil hê hy moet sy persoonlike veiligheidsraadgewer wees. Boonop word een van die gaste onder vreemde omstandighede vermoor. Bernie, wat nie daar was toe dit gebeur het nie, word aangesê om die saak op te los.

In Kerr se romans word die geskiedenis lewend gemaak en sy noukeurige navorsing dra net by tot die leesgenot. Soos met al Bernie se eskapades word jy gelaat met die idee dat grys die kleur is waarin die wêreld geskets word. Daar is geen swart of wit nie.

Volg Huisgenoot op Twitter.

Soek jy ‘n winskopie? Kry hierdie produk teen die beste prys. KLIK HIER


Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (0)


Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou.