Boek: Kondensmelk

E-pos
Print

Elle hou saam met haar ma-hulle vakansie in Botswana. Behalwe, sy noem dit nie vakansie nie, want daar is geen selfoonontvangs nie, sy haat sand in haar plakkies en die twee seuns van haar ouers se vriende is “walglike chauviniste” met ’n “plattelandse arrogansie”.

“Hulle is pynlik retro, iets uit ’n soetsappige 50’s comic,” is min of meer die gaafste ding wat sy van Divan en Alex kan sê. As Elle toe gedink het dit gaan sleg met haar, het sy haar misgis, want haar ouers gebruik die bosvakansie om haar te vertel dat hulle op ’n jaar lange navorsingsreis gaan – en sy gaan koshuis toe . . . na ’n “meisieklooster”.

Volgens haar is dit die einde van haar lewe, en het “haar ouers se ambisie haar lewe soos ’n pannekoek omgeflip”.

Kondensmelk is Christien Neser se eerste boek, maar sy kan gerus maar weer so maak.

(Lapa-Uitgewers; R80)

Wat ons dink: 3/5



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (1)


  1. Carli be Bruin
    2011/02/15 03:41:22 nm
    Ek is mal oor Kondensmelk en Koshuiskoffie.Gaan daar nog 'n reeks boek uitgesaai word?Kan nie wag vir die volgende boek nie!!