Boek: Bitter Heuning - Hermione Suttner

E-pos
Print

Soms lees jy ’n boek wat jou so ontsettend hard slaan dat jy steier. Maar jy staan op en lees verder, want jy weet die leeservaring gaan jou lewe oneindig verdiep.

Dis is ’n aangrypende ware verhaal dié, vol eina en verborge hunkering, maar met arms vol liefde en deernis bygelieg.

Dis geskryf oor ’n tydperk van 22 jaar met die dorre Sandveld en sy mense as die kloppende, sagte voëltjiehart van die storie.

Jy maak kennis met die swerftogte, verliese en liefdes van Mara Brandt, ’n vrou so sterk soos die springgety.

In elke hoofstuk ruik jy bossies bokkoms van die see se kant af, tjienkerientjees van die veld se kant af. Jy voel die
dorre aarde en warm sand onder jou voete sug.

Jy proe die taal met woorde wat in jou mond rondspoel soos kosbare water in ’n droogte: “dreunlyf”, “sporrie en pietsnotjies”, “trawal”, “pelielie”, kontreitaal van die siel se binnekamers. (Dis wonderlik vertaal deur Linda Rode.)

As jy lief is vir Afrikaans en vir ’n grootse, geskakeerde storie, lees asseblief Bitter Heuning.

Volg Huisgenoot op Twitter.

Soek jy ‘n winskopie? Kry hierdie produk teen die beste prys. KLIK HIER


Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (5)


Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou.