Boek: 11.22.63 - Stephen King

E-pos
Print

Ons dink: 4/5


King se jongste roman begin in Lisbon Falls, Maine, waar die padkafee-eienaar Al Templeton ’n besonderse gesprek voer met die hoër-skoolonderwyser Jake Epping. Oornag verouder Al en kry hy kanker.

Maar dit het nie regtig so skielik gebeur as wat dit lyk nie – Al was in werklikheid vier jaar lank weg en het deur ’n tydportaal gereis wat die teenswoordige tyd met 9 September 1958 verbind.

Hy het in die verlede geleef om die sluipmoord op pres. John F. Kennedy op 22 November 1963 te probeer keer. Nou pleit hy by Jake om die taak voort te sit.

Jake stem in en keer terug na ’n tyd waar omtrent almal rook, waar die kos lekkerder en die mense bowenal vriendeliker is. Maar hy kom kort voor lank agter dit is nie so maklik om die verlede te verander nie.

Om sake te bemoeilik raak hy verlief op Sadie Dunhill, ’n sexy bibliotekaresse.

Benewens die tydreise is dit ’n heel “normale” King-roman, wat nie beteken dis vervelig nie. Dis goed geskryf, geloofwaardig en het heerlik gelees.

Volg Huisgenoot op Twitter.

Soek jy ‘n winskopie? Kry hierdie produk teen die beste prys. KLIK HIER


Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (0)


Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou.