Blogger:

Huisgenoot

Skouspel Plus! Wow!

E-pos
Print

Ons by Huisgenoot is regtig in die wolke oor hoe wonderlik Skouspel Plus afgeloop het!

Dit was regtig ‘n naweek van hoogtepunte en boonop kry ons soveel positiewe terugvoer van lesers – terwyl daar hier en daar ook opbouende kritiek is, wat ons natuurlik waardeer. 

Maar dit is GREAT om te weet dat almal dit geniet het, en dat mense nog lank oor vanjaar se Skouspel Plus gaan praat.

Daarom moet julle ook die volgende artikels oor Skouspel Plus lees:
- Esmaré Weideman, Huisgenoot se redakteur wil net Barcelona uitbasuin na Skouspel Plus. Lees wat haar hoogtepunte was, kliek hier.
-  Haidee Muller het voor die naweek agter die skerms gaan loer, en ook die naweek se konserte bygewoon. Om meer van haar ervarings uit te vind, kliek hier.

Ons wil ook hoor wat julle dink!



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (12)


  1. renita
    2010/09/20 11:35:29
    Dis nou seker nie die regte plek om te vra nie, en oral waar ek vrae is daar geen antwoorde nie. Wie in die sang bedryf help jong, nuwe, talentvolle sangers? Ek voel regtig asof mens jouself teen mure vasloop. Al ons bekende sangers was tog ook nuut en onbekend... Kan iemand asb net raad gee?
  2. Charlene Ferreira
    2010/07/15 08:13:13
    Dit sou nog beter gewees het as steve daar was. Hy is nou een maal die koning as dit kom by sang, hy is soos Elvis, n legende!!!!!!!!!!!!!! ASB bring hom terug!!!!
  3. Anitha
    2010/04/24 11:26:30 nm
    Okay. Ek het so pas Skouspel plus op Mnet gekyk. Behalwe vir Nianell en Laurika se vertoonings moet ek eerlikwaar erken. Dit was baie swak. Ek gee 'n 7 vir moeite en 'n 2 vir stem kwaliteit. Die optredes was deurspek met vals note en toon probleme. Wat 'n ramp vir ons Wel bekende kunstenaars? Dankie dat daar moderne stem manupilasie tegnologie in die ateljee is.Ek kan nie verstaan dat die kunstenaars die uitsending van die program kan waardeer nie. Wat nog te praat van sommige van die kunstenaars wat ander beoordeel wat die musiek bedryf probeer betree.
    Ek weet die publiek gaan my kruisig hieroor maar die waarheid is op die opname van die vertooning te hoor.Vermaak gaan nie net oor 'n mooi gesigie ,lyf of glimlag nie. Dit gaan oor rou talent wat met elke vertooning van krag tot krag gaan en konstant bly. Kunstenaars kan nie bekostig om 'n "slegte dag" te he nie. Buitendien 'n Sanger is net so goed soos sy laaste optrede.
  4. Hanneke B
    2010/04/06 10:24:09 nm
    Hi wil net graag 'n voorstel maak. Is daar nie 'n kans dat julle by die skouspel plus vir
    Pieter Koen kan kry as seremonimeester nie, asook Dowwe Dolla saam nie. Dan wil
    ons graag opbouende kritiek gee, maar die konsert wat die Sondag gehou is was
    definitief nie van dieselfde gehalte as die Saterdag nie. Dit voel ook soos die een
    persoon al genoem het dat die konsert nie "gevloei" het nie. Dis nou al my derde
    skouspel en ek beveel dit vir enige mens aan, maar tog was Sondag 14 Maart se
    vertoning nie so goed soos die vorige jaar en selfs die wat ek al in Sun City gaan kyk
    het nie. Hou egter vol met die skouspel plus, want ek sal dit vir niks ter wereld mis-
    loop elke jaar nie!
  5. Onregverdig
    2010/03/24 04:11:43 nm
    Ek koop gereeld Huisgenoot. Dus lees ek elke keer die kommentaar wat mense het oor al die Skouspel konserte.
    Hier in Natal kry ons nooit die geleentheid om sulke GROOT Afrikaanse musiek konserte te sien nie. Dis seker te verstane.
    Ek voel net - daar is BAIE mense wat WEL TV lisensies betaal. Hoekom word die skouspel konserte nooit op SABC uitgesaai nie? Al wat ons kry is herhalings van ou programme. Waarvoor betaal ons dan lisensiegelde?
    Nie almal kan TV lisensies EN ook MNET bekostig nie. Hoekom moet ons 'ander' altyd wag vir DVD's as ons TV-lisensiegeld gebruik kan word om sulke TROTS SUID-AFRIKAANSE programme vir die HELE land te wys nie?
  6. Jackie van Wyngaard
    2010/03/23 09:19:18 nm
    Ek is een van die ongelukkige skouspel en skouspel plus aanhangers wat nie die konserte kan bywoon nie, maar wel baie opgewonde is om die DVD's te kan bekom en ook as dit op DSTV uitgesaai word.

    Wat ek wel baie graag wil weet is waarom daar nie van Skouspel plus 'n DVD gemaak word nie. Ek besef dat daar baie kostes aan verbonde is om so 'n DVD vry te stel maar ek glo dieselfde hoeveelheid aanhangers wat Skouspel DVD koop sal ok Skouspel plus koop, soos ek natuurlik wat nie kan wag om Skouspel DVD te kry nie.

    Asseblief laat weet waar en wanneer ek 'n DVD van skouspel plus van verlede jaar en hierdie jaar bekom en indien nie hoekom nie 'n kans van en een vrystel nie?

    Opgewonde Skouspel en skouspel Plus aanhanger van Nelspruit
    Jackie van Wyngaard
  7. Lynn Jansen
    2010/03/18 01:29:34 nm
    Die skouspel was regtig goed gewees. Net bietjie lank na my sin, met 'n paar kunstenaars wat maar eerder by die huis kon gebly het. Ek sou graag iemand soos Bok van Blerk daar wou sien. En ja soos almal gesê het die Afrika tema is bietjie al afgesaag siende dat 99.98% mense wit is wat dit bygewoon het toe ons daar was. Ons het die Sondag vertoning bygewoon. Ons het geen swart toeskouers gesien nie en ek het 'n volle 4 bruin toeskouers getel. Emo Adams was uitstekend en hulle kon hom eerder weer opgehad het as Dowwe Dolla se vervelige stories. Snotkop het ook glad nie tussen die kunstenaars ingepas nie, so uit met hom volgende keer. Dankie vir almal wat hard gewerk het aan die show, over all was dit goed.
  8. Springbok
    2010/03/18 08:47:29
    Was baie lekker en sal definitief weer volgende jaar Skouspel bywoon, maar hoop die kunstenaars kry die kans om meer "lekker" en nuwer liedjies te sing ... by tye was die musiek maar baie neerdrukkend en "swaar". Gerhard Steyn het definitief die koek gevat!!!!
  9. Carina
    2010/03/16 01:02:49 nm
    Die "overall show" was baie baie goed, maar ek sou meer daarvan gehou het as kunstenaars meer van hulle eie musiek gesing het, en meer nuwe musiek. Lepel lê is nou al hol rug gery en Juanita het my teleur gestel, Eden kon net sowel hout beelde gewees het en "forever in blue jeans" is al 10000.00 keer gesing, waar is Koue vuur ens. Wil graag meer van Bobby sien, hy en Ray Dillon was uitstekend. En wat is dit met die Afrika tema, wanneer gaan ons 'n slag iets meer oorspronklik kry soos Skouspel in JHB. Ons betaal net so duur vir ons kaartjies. Asb huisgenoot maak dit vir ons kapenaars ook die moeite werd. Ek het al die pad van Mosselbaai af gery dit kos my nie net R320.00 per kop nie maar verblyf en petrol. Sal eerste my volgende kaartjies koop, met die hoop op meer oorspronklikheid. Waar is Sarah Theron en die Broers???
  10. suzette
    2010/03/16 08:58:58
    Mens kan seker maar verwag daar gaan mense wees wat kla! Miskien was ek by 'n ander vertoning, maar dit was vir my baie goed. Ja, mense se smaak verskil, maar ek voel die son moet op almal skyn en dit het. daar was vir elke smaak tog iets! Moeilik om almal gelukkig te hou.
  11. Andre
    2010/03/16 08:08:54
    Ek aanvaar Huisgenoot kan nie almal gelukkig maak nie maar wil graag die volgende kommentaar lewer oor Skouspel. Dit was beslis nie van die dieselfde standaard as vorige vertonings nie.

    - Die openingsvertoning was nie een wat my laat uitsien het na die res van die die vertoning nie. Die laaste optrede was ewe-eens 'n antiklimaks. Barcelona was van hoogstaande gehalte en kon waarskynlik die beter keuse gewees het.
    - Die "Afrika-tema" het te sterk gefigureer.
    - Die "stage" was koud en hard.
    - Die Seremoniemeester was by tye te langdradig sonder om iets te se.
    - Die Chaotieseverkeersreelings na die vertoning sal aandag moet geniet.
  12. Annalene Booysen
    2010/03/15 09:09:45 nm
    Dis met groot TELEURSTELLING en FRUSTRASIE wat ek hierdie kommentaar stuur. Ons het op 14 Maart 2010 die Skouspel Plus gaan kyk en het in ry E sitplek 120 & 121 gesit, waarvoor ons R320,00 per kaartjie betaal het (van die duurste sitplekke). Tot ons frustrasie was die video kamera gedurig voor ons - want ons het dieselfde hoogde as die verhoog gesit. As ons goedkoop kaartjies gehad het, kon ek dit nog verstaan het, maar om R640 te betaal het en gedurig 'n kamer voor jou te gehad het was geen grap nie. My voorstel aan Huisgenoot is dat aangesien daar tog ook geld uit die video/dvd gemaak gaan word, hou eerder 'n aparte vertoning met goedkoop kaartjies en neem dan die video op. Ek kan nie vir u sê hoe frustreerd en kwaad ek voel hieroor nie.