Tussen die Heuwels

E-pos
Print

Vrydagmiddag ry ek die mooiste pad van Kaapstad af Stellenbosch toe terwyl ek saam met my Heuwels Fantasties-CD sing.

Dis ‘n CD wat ek nou al so baie geluister het dat ek elke woord ken. Dis op sy eie al ‘n oomblik van pure geluk, maar my dag word beter. Ek is op pad na ‘n plaas in Stellenbosch . . . meer spesifiek ‘n plaas met ‘n opname-ateljee waar Heuwels Fantasties hul nuwe CD opneem!

Die grondpad is omring deur bome, wynplase, koeie wat staan en herkou en skape wat agter mekaar aan dros. Ek kom daar aan en kry Hunter op die rusbank. Ek gaan sit langs die man wat vir seker die beste skrywer in die land is (na my mening – alhoewel, dis nie ‘n opinie as ek reg is nie, is dit? Haha).

Oor ‘n bier vertel Hunter, Pierre en Fred my van die inspirasie agter hul nuwe CD terwyl ons sit en die uitsig bewonder. Pierre sê in die middag kom die skape hier aan en in die aand die beeste. Ons is tussen groen heuwels en (brace yourself!) dit IS fantasties! (ek is seker dié pun is nou al holrug gery). Wat my opval is dat die omgewing waar ons is, lýk soos Heuwels Fantasties klink. Dis rustig, dit sit ‘n glimlag op jou gesig en dit voel net reg.

Op die agtergrond speel die nuwe CD. Ek weet nie na wie wil ek nou die graagste luister nie . . . Hunter, Pierre, Fred of die musiek? Keuses! Goeie keuses! Ek luister maar na hulle gesprekke.

Van die bietjie wat ek gehoor het, gaan die nuwe Heuwels-CD niemand teleurstel nie. Dis in hul tipiese styl en van wat hulle my vertel van hul inspirasie en die tyd wat hulle al daarin gesit het, weet ek net dit gaan een van daai Lekker Luister Liedjies vir die Langpad-CD’s raak (dis een van die opsies vir ‘n CD-titel!) wat mens vir jarre oor en oor kan luister. 

Nou vir die lang wag na Desember tot die visuele album met 5 nuwe tracks uitkom. Ai, hier gaan ek maar alweer met die ou CD . . . *”Hierdie tyd van die jaar. Hoekom voel ek so seisoenaal?” Inderdaad.

*Liedjie 1 op HF se eerste CD



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (1)


  1. Juanita Nel
    2010/10/11 07:39:52 nm
    Elke woord waar! Ek is ook verslaaf aan dieselfde CD. Dit voel net so verkeerd om die CD uit die kar te haal, al moet ek die kar net laat diens. Ek is self nie meer regtig jonk genoeg om in die hele Bellville Rock City ding meegevoer te raak nie, maar hel ons het fantastiese heuwels wat fantastiese "kan dit verewig luister" musiek produce. Hou so aan ouens. Baie nice piece Este!

Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou.