’n Klein priestertjie vir Jak

E-pos
Print

Die mannetjie is skaars ses weke oud, maar Jak de Priester is oortuig daarvan dat hy reeds versot is op musiek. En geen wonder nie, want klein Jamie het met musiek in sy ma se maag gegroei en met musiek in die wêreld gekom.
 
Tydens haar swangerskap het dié gewilde Afrikaanse sanger se vrou, Michelle, van hul gunsteling-liedjies op haar iPod gelaai en byna daagliks die oorfone teen haar maag gedruk sodat Jamie kon luister.

Michelle en Jak het ook ’n CD gemaak met ’n musiekmengsel van Seal tot Karin Zoid en dit in die teater gespeel toe hul eersteling op 2 Januarie met ’n keisersnee in die wêreld gekom het.

In hul huis in Centurion wys Jak vir ons sy wenresep om ’n baba aan die slaap te sus: musiek, natuurlik. Hy was dadelik versot op sy seun, en nou, met Jamie in sy arms, plant hy die een soen ná die ander op sy gesiggie terwyl hy hom liefdevol bekyk.

Michelle, met wie hy in November 2008 getroud is, sê Jak is ’n baie betrokke pa en verbasend behendig met die doeke se omruil.

Die sanger wat bekendheid verwerf het met sy liedjie Sally Williams Nougat en reeds vyf CD’s agter sy naam het, was verlede Mei vir ’n visvangnaweek by Parys toe Michelle hom met die groot nuus van die swangerskap bel. ‘‘Jou hele wêreld verander skielik. Jy bekommer jou weer oor die misdaad en hoe dit jou kind kan raak. Jy wil die beste ouer moontlik wees,’’ vertel Jak.

Sy aanhangers hoef darem nie bekommerd te wees dat Jak nou net pa gaan speel nie. Hy het vroeg in Februarie ’n koffietafelboek met die titel Brood uitgereik en hy gaan vanjaar landwyd optree om dié versameling gedigte, liedjies, bladmusiek, tientalle foto’s en selfs ’n paar resepte te bemark.

Van sy digbundel, Heuning in die Mond, is al 4 000 eksemplare verkoop sedert dit vyf jaar gelede uitgereik is. Een van die gedigte uit die bundel, Onsekerheid, is in die Nuwe Groot Verseboek gepubliseer.

Lees die volledige artikel in Huisgenoot van 25 Februarie.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (23)


  1. MARTHIE
    2011/02/15 12:39:41 nm
    Jak, ons GENIET jou en jou musiek! Ons land het baie sangers, maar min kunstenaars van jou formaat! Doe so voort! Hoop jy kom INNIBOS toe, mis nooit jou vertonings nie! Groetnis!
  2. Sarie
    2011/01/24 09:57:04
    Hallo Jak baie geluk met jul kleinding ek glo hy gaan net so talentvol soos sy pa wees.Sê gorte vir jou ouers.Sarie en Elie Koster(Parysenaars)
  3. Marianne Bothma
    2010/06/04 10:31:19 nm
    Jak ,

    Jy is fantasties...daai seuntjie gaan beslis sing en skryf soos jy...stukkies van jou boek gesien..absoluut oortreffende trap van fenominaal!!!!!!!!
  4. Dorothy Neervoort
    2010/03/19 02:10:58 nm
    Hi julle twee, julle het regtig `n baie pragtige suentjie baie geluk,mag die Here gee dat hy julle net liefde en geluk gee. Jak ek het al ,al die kompetisies meegedeel om jou boek 'BROOD" te wen omdat daar nie in Virginia `n boek winkel is, ek weet nie waar om te kyk vir die Huisgenoot wenners van jou boek nie, as ek weer nie gelukkig is sal ek in Welkom by die CNA moet gaan kyk, want ek dink die boek is `n must have, by the way ek het al jou cd`s. Mag dit altyd met julle goed gaan.
  5. lorraine
    2010/03/17 05:56:16 nm
    Baie geluk waneer daai babygrow te klein is vir Jamie kan jy dit maar vir my aanstuur... Te oulik waar julle dit gekoop ek soek dringend een....
    Geluk met baba mag hy net vreugde bring....
  6. Alda
    2010/03/12 07:19:09 nm
    Ag hoe amazing Jak. Hy is te cute. Jy lyk baie goed so as 'n pappa dit pas jou. Groete by die huis.
    Alda
    x
  7. Chantelle
    2010/03/08 11:52:38
    Ek hoop jy het darem al groen mamba vir hom en n brozac vir die vrou mmmm baie geluk jong mag hy net n plesiertjie wees in jou huis
  8. nedine
    2010/02/25 07:10:57
    Hy is ongelooflik mooi!!!! Mens kan sien dit is n klein Jak!

    Baie geluk!
  9. Stretcher
    2010/02/24 09:22:26
    Jakes my vriend !!! Luister na Louise se raad, en weet net jy gaan n great pa wees en Michelle is n gebore ma!! Jakes ek glo die Here ,die selfde Here wat ons oor gepraat het as kinders , is mal oor jou net soos jy is .Steuer jou eerder aan Hom en SY opinie , as aan al die wat nie opbouend wil wees nie !!! Geluk en geniet hierdie tyd , jy is nou pa, Sjoe!!
  10. Monique Pretorius
    2010/02/23 03:49:29 nm
    Ek het amper op my rug geval toe ek Jak se seuntjie sien.Hy lyk op 'n druppel soos my 1 maand oue seuntjie Caylem.Waar kan ek n foto stuur dat julle sien hoe naby hulle aan mekaar lyk.
  11. Louise Britz
    2010/02/23 01:22:30 nm
    Baie geluk met die kleinding. Mag hy vir julle net vreugde bring. Onthou net God het julle uitgekies om sy ouers te wees. Pas hom op maak hom groot in Sy Naam, wees 'n voorbeeld in alles wat julle doen.
    Jak nou is jy 'n pa dit is verantwoordelikhede en ja deur Ons Vader uitgesoek. Almal kry nie so 'n kans nie. Geniet dit baie.

    Sterkte met jou loopbaan
  12. se maar net
    2010/02/23 12:14:02 nm
    As ek nie die opskrif gelees het nie sou ek dink dit was 'n dame wat die baba vashou hare moet aan gewerk word asb
  13. liza
    2010/02/23 08:31:11
    Hi Jak en familie

    Baie geluk met julle kleinding hy is so baie pragtig!!!! Onthou die Groen Bamba vir jou baba en Prozak vir jou vrou! Nee nee julle gaan dit nie nodig kry nie.

    Geniet die kleinding!
  14. HANTIE
    2010/02/22 03:35:17 nm
    Hi Jak baie geluk met die nuwe kleinding mag hy julle net geluk en vreugte bring. Groot aanghanger van jou musiek.
  15. Jane
    2010/02/22 10:23:44
    Baie geluk hoop nie julle gaan groen mamba en prozaks nodig kry nie.
  16. Suzette
    2010/02/22 10:18:04
    Geluk Jakkie , ou hare lyk ook nou meer na 'n stylvolle Pa se kop, geniet die knaap, wat van 'n moderne wiege lied?
  17. Marlene
    2010/02/21 08:16:21 nm
    Hallo Jak, Michelle en natuurlik WELKOM aan Jamie

    Baie geluk met die mannetjie se geboorte. Jul gaan die beste ouers wees waarvoor hy ooit kon wens. Ek kan sommer sien dat Jak mooi hand bysit en ek is seker Michelle waardeer dit. Hy lyk nie of hy op hierdie stadium van die "groen mamba" nodig het nie en Michelle met 'n met soos Jak het jy beslis nie Prozac nodig! Ek hoop jul hou ons op datum met die vordering wat Jamie maak! Sterkte ook met "Brood" en die musiek-loopbaan.
  18. annette-bewondenaar
    2010/02/20 08:56:32
    Baie geluk julle 2. Mag die kleinding net vreugde bring. Ons wag vir sy maattjie.
    Hy is te pragtig.
  19. Sandra
    2010/02/19 03:41:49 nm
    Hi Jak, ek is mal oor jou musiek...
    Baie geluk pappa!

    Sandra
  20. FrANK
    2010/02/19 02:51:59 nm
    Hi Jakes !!!Jou vriend uit die NOORDE!! Verlang en kan nie wag om Jamie te sien nie . Gee hom n groot druk van STRETCHER! Stuur baie liefde en groete vir M
  21. Lettie
    2010/02/19 12:20:53 nm
    Hallo Jak, baie geluk met die nuwe kleinding. Ons kan nie wag om jou show Woensdag te gaan kyk by die Pierneef Teater nie. O ja jou hare lyk baie grand!!!
  22. wilna
    2010/02/19 12:19:07 nm
    ag mag hy baie vreuge vir jou en jou vrou bring!
  23. Ria van Dyk
    2010/02/19 11:42:46
    Geluk met jul seuntjie. Moet se die nuwe haarstyl is stunning!!! Sal graag jou koffietafel boek wil koop. Ons is groot aanhangers van jou musiek. "n Geseende jaar vir jou en jou gesin!!