Willie Esterhuizen groet sy vrou

Vandat sy vrou ’n week tevore in die hospitaal opgeneem is, groet hy haar elke aand asof hy haar nooit weer gaan sien nie.

Vanaand doen hy dit weer. Die komedieskrywer en akteur Willie Esterhuizen (55) het drie moeilike jare agter die rug. Slukdermkanker is in 2006 by sy vrou, Glen (55), gediagnoseer en die kanker het na haar longe versprei. Hy kan sien die einde is naby.
 
Daarom groet Willie vanaand weer vir Glen asof dit die laaste keer gaan wees. Willie ry terug huis toe in Saxonwold, Johannesburg. In die nag verswak Glen se toestand. Toe die hospitaal hom bel om te sê die einde is naby, jaag Willie daarheen. Maar toe is daar net ’n leë bed. En Willie weet: Net so is sy geliefde ballerina uit sy lewe verwyder.

Hy onthou hul eerste ontmoeting baie goed. Sy was ’n baie talentvolle ballerina wat van Engeland hierheen gekom het, en hulle het saam by Kruik-Ballet gedans. Ja, die potjierol-akteur wat ons as Worsie van Vetkoekpaleis vermaak het, was eers ’n balletdanser.

Maar Glen was verloof en Willie wou nog drama studeer. Uiteindelik is hy by die drama-en-balletskool Arts Education in Londen aanvaar, waar hy twee jaar studeer het. Dit het broekskeur gegaan. Hy het Glen se tante raakgeloop en sy bied hom toe haar woonstel aan.

Toe Willie terugkeer na Suid-Afrika en hoor Glen is geskei en soek blyplek, bied hy sy voorste slaapkamer vir haar aan om dankie te sê vir haar tante se gasvryheid. “Een aand toe ek tuis kom, het sy in trane op haar bed gesit. Toe ek vra hoekom sy huil, sê sy: ‘Omdat ek lief is vir jou, jou simpel.’ Dié aand het ek in die voorste kamer ingetrek en nooit weer uitgetrek nie.” 

Sy was drie maande swanger met hul eersteling, Toby (30), toe Willie met sy “beste vriendin” getroud is.

Hulle het ook ’n dogter, Teya (28).

Maar nou moet die lewe voortgaan en Willie is druk besig om die nuwe reeks van sy gewilde TV-komedie Molly en Wors te skryf.

Lees die volledige artikel in Huisgenoot van 18 Februarie.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (21)


  1. Monica
    2010/06/04 08:00:56 nm
    Ek is so jammer om van jou vrou se dood te hoor. Weet jy gaan haar baie mis,maar my vriend tyd heel wonde. Sterke vorentoe.
  2. Eben
    2010/04/07 02:29:14 nm
    Alle sterkte Willie, Ons gebede en gedagtes is met jou in hierdie seer tyd. Ons hier in Namibie geniet jou flieks verskriklik. Jammer om te hoor van die tragedie - Die Here sal jou hierdeur lei en verstrek. Jy wat almal laat lag en aan jou lippe laat hang - Wit en swart almal smile altyd so ons moet jou net by staan deur om vir jou te bid - Eben - Windhoek Namibie
  3. Rika Heine
    2010/03/19 02:28:36 nm
    Hi Willie, ek kom loer nie baie hier nie maar was baie geskok om te lees van jou vrou se afsterwe, my gedagtes en gebede gaan uit na jou toe ek weet presies hoe dit voel ek het my man vir 2 jaar sien wegkwyn aan die kanker, dit is verskriklik, dis 'n gevoel en pyn wat jy vir niemand kan beskryf nie. Willie mag die Here jou net so dra soos hy vir my gedra het en nog steeds dra......
  4. vanessa
    2010/03/16 02:46:14 nm
    Willie , baie jammer om te verneem van jou vrou..jou lewensmaat...dit gaan `n moeilike pad vir jou wees. En ek kan myself nie voorstel hoe dit gaan wees sonder my lewensmaat nie..want hy is my alles! Ek wil net vir jou se baie sterkte en baie baie dankie vir die wonderlike akteur wat jy is..ons hang omtrent aan jou lippe ....baie groete en sterkte
  5. Stefanie Compaan
    2010/03/05 09:43:15
    Hallo Willie ek is baie jammer om te hoor van jou vrou. onthou sy is op n baie beter plek as ons en sy het nie meer seer nie. Sterkte ek dink aan jou in my gebede.God sal jou die krag en genade gee om te kan aan gaan al is dit hoe moeilik. Vertrou net op ons Vader.

    Groete

    Stefanie Compaan
  6. marelize
    2010/03/04 08:04:39 nm
    Willie

    Juanita Du Plessis se liedjie lui, " ek is nou in die hemel en ek wil nerens anders wees nie, want hier is ek gelukkig, hier kry ek nie meer seer nie "
    Vertroos jouself daarin dat jou liefste vrou nie meer seer het nie, sy is by Ons Hemelse Vader, daar waar geen pyn en lyding meer is nie. Sterkte vir die pad vorentoe, onthou die seer gaan nooit weg nie maar dit word beter. Hou vas aan al die mooi memories. Baie sterke my gebede is met jou en jou familie.x
  7. Sofia Eviesen
    2010/03/01 05:16:06
    Jammer om te verneem van jou groot verlies.Jy laat my lag.Ek werk in Saudi Arabia.My man en kinders 'record' al jou programme.Ek kyk dit eers 6 mnde later wanneer ek met vakansie in SA is.

    Die dood is 'n poort waardeur ons almal moet gaan,
    na die nuwe land met sy goue bestaan.

    Baie,baie sterkte.
  8. Wendy Weir
    2010/02/23 08:39:12 nm
    Ons innige meegevoel met die heengaan van Glen. Sy was n spesiale mens. Onthou die goeie tye saam. Groetnis Stuart en Wendy
  9. stephan van vuuren
    2010/02/19 11:44:12 nm
    jammer om tehoor van jou vrou willie ek het dit nou eers gesien ek is in germany ek is mal oor al jou stories en flieks mag die here jou krag gee sterkte stephan van vuuren
  10. Bernie
    2010/02/18 12:36:47 nm
    Sterkte en hou net moet jy is 'n sterk ou. Een van jou fans.
  11. Cheryl
    2010/02/18 11:34:07
    shame, dit is baie hartseer, hulle het werklik baie lief vir mekaar gelyk. Hy is altyd 'n grapjas .. iemand wat ander mense laat lag, tog moes hy die diep pyn alleen verduur. Sterkte jong, mag mooi herinneringe aan jou pragtige vrou jou altyd bybly!
  12. Madeleine Fonternel
    2010/02/17 11:31:48
    Ons gebede en gedagtes is met jou in hierdie seer tyd. Selfs hier in New Zealand vermaak jy die mense met Vetkoekpaleis. Doen so voort.
  13. Stephani Claasen
    2010/02/16 04:13:37 nm
    Dit is verskriklik hartseer. Willie,j was nog altyd een van my gunstelinge. Ek wens jou alle sterkte toe op die pad van genesing. Staan sterk in jou geloof
  14. CLARA
    2010/02/15 10:20:18 nm
    Hi Willie
    Toevallig op fb gesien van jou hartseer. Baie baie sterkte vir jou en jou kinders. Glen laat seer sekerlik 'n groot leemte. My hart gaan regtig uit vir julle.
    Baie sterkte vir die tyd wat voorle
    Liefdegroete
    Clara Joubert
  15. Esme
    2010/02/15 12:31:38 nm
    Willie, die hele land rou saam met jou en jou familie. Sterkte!
  16. Bluntpiro
    2010/02/14 01:37:15 nm
    Dinge sal weer reggaan! Jy is 'n S.A. burger en ons oorleef. Sterkte meneer!
  17. Anita
    2010/02/12 08:17:11 nm
    Willie, onthou die goeie tye... Dit is 'n voorreg om so 'n liefde te kon deel. Julle sal weer eendag saam wees.
  18. Alta Jonker
    2010/02/12 03:02:23 nm
    Sterke my ou vriend, jy het ons laat skaterlag in Vetkoekpaleis
  19. Petro
    2010/02/12 02:22:04 nm
    Kan net dink hoe sy gesukkel het,ekt 'n mantelvliesbreuk en slukoperasie 4weke terug gehad. Ander verstaan dit nie maar dis 'n stryd om net te kan eeT.
  20. Nenna
    2010/02/12 02:03:14 nm
    Dit is 'n baie mooi en hartseer verhaal. Mens sien nooit die hartseer van die afgelope 3 jaar raak as mens hom sien in die Media. Sterkte vir jou my vriend.
  21. cvw
    2010/02/12 01:57:10 nm
    Willie, ek wens jou net alle sterkte toe, dit is jammer dat sulke goeie mense so tragies moet heengaan.
Jou naam: Jou e-posadres:

Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou. Built by Blueworld Communities