Verlore seun Jaco is weer Blou!

Jou eie mense is darem maar lekker. En as dié mense boonop die Blou Bul-familie is, kan dit mos nie lekkerder nie.

Vra maar vir Jaco van der Westhuyzen (31). Want al was Japan goed vir die gewilde Bulls-agterspeler en het hy en sy gesin lekker daar gewoon, het hy maar altyd daarna gesmag om weer vir sy geliefde Bulle te speel.

Nou is Jaco terug uit Japan, waar hy die afgelope ses jaar vir die klubspan die NEC Green Rockets uitgedraf het, en hy kan nie wag om die Pretorianers te help om weer ’n Super14-trofee te wen nie.

In sy eerste vier jaar daar het ons hom darem nog elke Super14-seisoen op Loftus in aksie gesien, en ons het amper nie eens geweet hy trek elke Augustus sak en pak met vrou en kinders na Japan vir die Rockets se plaaslike seisoen nie.

Maar die laaste keer dat Bul-ondersteuners Jaco toe sou sien, was in 2007 met die Bulls se Super14-oorwinning toe hy sy trui uitgetrek en met ’n T-hemp waarop staan “Jesus is King” teen die rugbypaal opgeklouter het.

Die volgende seisoen het sy Japannese span daarop aangedring dat hy al in Mei daar aanmeld, en sy hart was baie seer toe hy die Bulle moes laat weet hy kan nie meer vir hulle uitdraf nie. “Toe mis ek hul Super14-wen verlede jaar,” sê Jaco afgehaal waar ons by hom en vroulief Cornelda (31) op Marble Hall, Mpumalanga, kuier.

Dié dae is nou verby, sê Jaco beslis. Hy is vir altyd terug, en min gepla dat hy nie op die oomblik in die Bulls se beginspan speel nie. Hy wag met liefde sy beurt op die plaasvervangerbank af, want “ek leef vir die Bulle”.

Dis al ’n ou storie, maar dit bly waar: “By die Bulle gee almal vir almal om, almal is vriende en almal sal enigiets vir mekaar doen.”

Lees die volledige artikel in die 11 Maart-uitgawe van Huisgenoot.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (8)


  1. Cynthia
    2010/03/16 02:17:43 nm
    Ilanka, dankie vir jou inligting nou weet ek ten minste wie dit is en wat hy doen vir 'n lewe
  2. marina
    2010/03/16 01:54:46 nm
    Welkom terug Jaco! Ek sien uit om jou weer in 'n Blou Bul trui te sien het in die verlede baie goed gedoen, ek glo jy gaan weer en jy sal 'n aanwins wees in enige span ons is bevoorreg om jou te kan he. Cynthia jy kyk seker net sepies daarom weet jy nie wie Jaco is nie.
  3. iLanka Cunningham
    2010/03/10 06:23:43 nm
    Nee Cynthia....HY verwag nie 'n "helde ontvangs" nie, hy is baie "humble, down to earth" en 'n kind van God!
    Nie net vir die mense wie van Rugby hou nie maar ook vir vele Christene in Suid Afrika is hy INDERDAAD 'n HELD!
    Hy is my kleinboet ek ek is baie trots op hom!
  4. Juanita
    2010/03/08 03:58:36 nm
    Welkom terug Jaco, ek sal nooit vergeet toe ek op tv gesien het toe jy teen die pale
    opgeklim het met jou hemp wat se Jesus is King, op daai stadium was ek trots
    om n suid afrikaner en blou bul ondersteuner te wees. GO BULLE GO!!!!!!!!!!
  5. Cynthia
    2010/03/08 09:51:44
    Wynand, jammer het nie geweet nie, ek is nie blou bul ondersteuner nie, voor jy kritiek lewer ek ondersteun geen rugby span nie.
  6. emilia
    2010/03/05 02:52:56 nm
    i am a very big Bulls supporter seeing that i am portuguese and married to a wonderful Afrikaanse guy, i knew nothing about rugby 6 years ago now i am Bulls crazy, all i can say is Jaco you are a good player and we welcome you back to the Bulls family! good luck and cant wait to see you back in the team! to the Bulls holding the trophy once again in 2010 for the super 14 and the currie cup!!
  7. Wynand B
    2010/03/05 12:22:32 nm
    Welkom terug Jaco! Ek weet nie waar Cynthia die laaste paar jaar was nie, maar 'n talentvolle speler soos jy is altyd welkom by die Bulle.
    Hoop jy kry gou weer kans om jou ding te doen.
  8. cynthia
    2010/03/05 11:56:11
    verwag hy 'n helde ontvangs of wat?, wie is hy?
Jou naam: Jou e-posadres:

Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou. Built by Blueworld Communities