Pedro trou toe weer

  •  
  • 53
     Hou van
  •  
  • 4
     Hou nie van nie

Hy het nou die dag nog hoog en laag gesweer: Hy weer trou? Nie sommer nie.
 
Maar toe Pedro Camara (44) weer sien, skiet Kupido se pyltjie jou wrintiewaar ’n kolskoot. Dié dat die gewese 7de Laan-akteur vandag hier ewe spiekeries gedas en ge-aandpak staan. Slaggereed om weer die strop om die nek te kry.

Ná sy egskeiding in 2004 het die Laan se vurige Carlos Perestrelo volgehou hy lê nie weer troubeloftes af nie. En daar kom krap ’n fyngeboude Namakwalander genaamd Petra Mulder (38) toe drie jaar later sy alleenloper-plannetjies deurmekaar.

Ja wat, besluit Pedro toe, dan trou hy maar weer . . .

Die geur van vars rose hang in die lug terwyl sagte agtergrondmusiek die prentjie afrond in die kerkie op die wynlandgoed Meerendal naby Durbanville in die Kaap. Romanties verby. Geen sweempie senuagtigheid is te bespeur by die man met die Portugese bloed in sy are nie. Sy donker oë soek-soek na die lenige blondine wat nou enige oomblik in die deur gaan verskyn.

Toe Petra uiteindelik in haar Charlene Sauerman-skepping aangestap kom, snak ’n paar gaste hoorbaar na hul asem.

En daar voor die kansel langs sy 11-jarige strooijonker en seun, Enzo, kan ’n sigbaar aangedane Pedro nie vir een oomblik sy oë van die amper-mevrou Camara af wegskeur nie.

Hul paaie het in 2007 gekruis toe ’n kennis Pedro omgepraat het om sy destydse persoonlike assistent op ’n toeoog-afspraak uit te neem, vertel hulle. Hulle het lekker gekuier. Toe sy hom ’n week later na ’n troue nooi, het hy dit ewe beleefd van die hand gewys.

Twee maande het verbygegaan sonder kontak, en toe bel hy haar weer. “Ek dink ek het die vriendskap gemis; ons het tog lekker gesels daardie eerste aand,’’ vertel Pedro.

In Junie verlede jaar het hy besluit, dié ene met die sagte siel kan hy nie deur sy vingers laat glip nie.

Die troue moes so tussendeur hul werk gereël word. Sy eksvrou, Karin Versfeld, het ook flink handjie bygesit met die ontwerp van die uitnodigings en naamkaartjies.

Lees die volledige artikel en sien meer foto's in Huisgenoot van 11 Februarie.


Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (7)


  1. PG

    JK27 days ago

    Ek stem 100% saam met Elmarene Struass!
  2. PG

    JLR1 month ago

    Ongelooflik en mooi dat Karin (sy eks) gehelp het. Dit wys dat die twee besluit het om te skei, en ter will van die kinders 'n gesonde verhouding te handhaaf.
    Baie volwasse.

    Voorspoed en geluk
  3. PG

    Anita1 month ago

    Hoekom is die eksvrou betrokke? Nee, nee, nee! Dis wonderlik as ekse soos goed opgevoede mense oor die weg kan kom, maar die streep moet iewers getrek word!
  4. PG

    Elmarene Strauss1 month ago

    Huisgenoot van 11 Februarie 2010 verwys. Ons weet dat Pedro alias "Carlos" nie meer in 7de laan speel nie. Maar ons glo hy is nie minder bekend as Diaan alias "Paula" van 7de laan nie. Nogtans verkies Huisgenoot om 'n ongetroude paartjie wat 'n baba verwag op die voorblad te plaas ipv 'n paartjie wat nie swanger is nie, en wat huweliksbeloftes afle. Is dit nie effens onvanpas nie? Ons glo mos dat Huisgenoot 'n gesinstydskrif is. Dus moet ons aanvaar dat Huisgenoot dit ook nou as "in" beskou om buite die huwelik swanger te raak?
  5. PG

    Santie1 month ago

    Ek ken Petra van skooldae af - ons was saam in Springbok, Namakwaland. Sy is 'n ongelooflike pragtige meisie en Pedro kan maar weet hy het 'n juweel beet in daardie vroutjie. Alles wat mooi is vir julle twee! Gaan vanmiddag die Huisgenoot koop om die fotos te sien.
  6. PG

    Karen en Silivien1 month ago

    Mag jul net die mooi in mekaar uitbring, die foto's weerspieel dit al reeds!!!
  7. PG

    Cynthia1 month ago

    Baie geluk Pedro, mag jy net geluk beleef met jou nuwe vrou
Bladsy 1 van 1


Jou naam: Jou e-posadres:
  1. PG

Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou. Built by Blueworld Communities