Pedrie: ‘n Nuwe sikspens

Hy leun ontspanne agteroor in die stoel, tevrede, soos iemand wat pas iets ouliks reggekry het. ’n Groot glimlag speel oor sy gesig en sy oë vonkel.

Pedrie Wannenburg mag maar soos die kat se snorbaard lyk. Dié Blou Bul-voorspeler het pas slegs die tweede Suid-Afrikaner nog geword wat al in 100 wedstryde vir sy Super14-span uitgedraf het. Die enigste ander, die Sharks se John Smit, het hom boonop net met enkele ure geklop.

Des te merkwaardiger is sy prestasie as jy onthou dat talle rugby-entoesiaste vroeër vanjaar nog die einste Pedrie se kop geëis het.

Want toe die 29-jarige speler bieg dat hy in 2008 in ’n dwelmweb verstrik was, het talle mense in koerante en op die internet gesê hy moes maar sy goedjies gevat en geloop het.

Maar die Blou Bulle is soos ’n familie, en nes niemand ’n seun of broer sal verstoot as hulle hoor kokaïen het hom in sy greep nie, net so het die base en sy spanmaats eerder om hom laer getrek as om hom te verwerp. By tye moes selfs hulle onder die giftonge deurloop oor dié optrede.

Maar Pedrie het hom destyds reggeruk en ’n nuwe blaadjie omgeslaan, en nou is alles lankal vergewe en vergete. En hy kan nie wag om sy kritici vanjaar op die rugbyveld stil te speel nie.

“Dit is soos ’n groot las wat van my skouers af is,’’ sê hy met ’n breë glimlag waar ons in ’n kuierplek langs Loftus Versfeld se oefenveld in Pretoria gesels.

“Die swaard bo my kop is weg.”

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 4 Maart 2010.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (5)


  1. Vleisbom
    2010/04/04 11:43:01
    Jy is n ramkat en verdien baie respek. Doen so voort want die jongmanne kyk op na jou. Sterkte en" tackle" probleme een vir een. Groete
  2. leon
    2010/04/01 01:44:09
    mooi so Pedrie. Put your money where your mouth is.Dit wil gedoen wees broer.
  3. Leona
    2010/03/26 02:21:15 nm
    Hoop jy onthou "dis sny n lyn, nie snuif n lyn" goeie werk laat ons nou sien of jy gaan vol hou dis maklik om weer terug te val as dinge nie jou kant toe loop nie, sterkte ons is trots op jou. (vir nou)
  4. martie
    2010/03/13 12:25:16 nm
    Bravo!!!! Petrie, geweet dit gaan jou nie onder kry nie. Speel maar weer jou barshou soos gewoonlik. Groete en sterkte.
  5. Cynthia
    2010/03/03 12:12:47 nm
    Sterkte Petrie met jou rugby loopbaan, hoop dit gaan goed.
Jou naam: Jou e-posadres:

Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou. Built by Blueworld Communities