Patricia weer terug met Supersterre

E-pos
Print

Sy lyk weer gelukkig. “Rond en gesond,” sê die fyn, blonde sangeres vrolik. Jy soek verniet die betraande Patricia Lewis wat verlede Mei in Huisgenoot vertel het daar is ses gewasse aan haar skildklier – een bitter na aan haar stembande – en die moontlikheid van kanker is nog nie uitgesluit nie. Die dokters sou moontlik moes sny en dalk sou sy nooit weer gesing het nie...

Nou lyk die toekoms aansienlik rooskleuriger. Die gewasse was toe nie kwaadaardig nie, en sy het genoeg moed gehad om chirurgie te weier en liewer die natuurlike roete te volg met osoonterapie, homeopatie en vitamienaanvullings.

Al is die gewasse nie heeltemal weg nie en moet sy binnekort weer vir ’n sonar gaan, is die knop aan haar keel nou heelwat kleiner. “En ek kan nog sing!” jubel Patricia “My stem word nou gouer moeg en ek kan voel iets druk op my stembande, maar ek gaan nog in elke Supersterre-episode sing.’’

Alles is nou weer op stryk nadat haar televisie-baba ook baie amper vir altyd stil was. In 2007 is die tweede seisoen van haar gewilde talentsoekreeks, Supersterre, op SABC2 uitgesaai, maar net daarna het die SAUK finansiële probleme ondervind en kon Patricia dus nie toe ’n derde seisoen opneem nie.

Sy en die SAUK het intussen hul probleme uitgestryk, en nou is Patricia druk besig met opnames vir die derde seisoen.

Patricia, manlief Mark Whitfield en hul seun, Max, is in Johannesburg vir die opnames van Supersterre, maar eintlik woon die gesin meestal in die luukse Zimbali-kusoord buite Ballito aan die KwaZulu-Natalse kus nadat misdaad hulle uit Johannesburg verdryf het.

Sy gaan voortaan net sporadies optree en haar aanhangers moet maar geduldig wees as hulle dalk wonder oor ’n nuwe album. Dit gaan dalk ook die laaste Supersterre-seisoen wees waarin sy self die aanbieder is.
 
Sy is in haar skik met Casper de Vries wat as nuwe beoordelaar by hulle aangesluit het.

Supersterre word elke Sondag van 14 Februarie tot 28 Maart om 12:00 by Carnival City in Brakpan opgeneem

Lees die volledige artikel in Huisgenoot van 18 Februarie.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (35)


  1. Roderick
    2011/05/16 04:55:03 nm
    Hi,Patricia ek wil met graagte weet of supersterre hierdie jaar sal plaasvind,want ek wil graag deelneem,ek is van Kimberley.Ek is versot op sing.Dankie
  2. Donald
    2011/04/04 05:12:09 nm
    Dankie vir Supersterre ons geniet dit baie en kyk elke ipisode wanneer ons kan. Hoop die gewasse verdwyn spoedig. Sal weer graag n vertong van jou bywoon.Groete
  3. Amy Visser
    2010/09/23 01:43:13 nm
    Hey Patricia ek wil net graag weet wanner j weer gaan begin met di volgende reeks ek stel graag belang om deel te neem??
  4. Martie
    2010/05/22 09:21:43
    Kan iemand ASB vir Gerhard STeyn of Manuel in die oorfluister !!!!!! BURGER SING IETS VAN JOHNNY CASH. Iets soos The ring of Fire of I walk the line. Hy het die unieke stem daarvoor.
    Verder geniet ek die program Erg Baie
  5. CAROLE
    2010/04/24 07:37:03 nm
    hi paticria bel my asb , ek het vandag idols gedoen ek is 30 jaar oud , my laaste kans , ek het die eerste ronde deur gekom en my groen en pink arm band gekry , ek was so moeg 18 ure daar na toe ek die 3rde ronde uitval , en kan nie eens my 1minuut fame kry nie , wanneer is supersterre , aan en kan ek by jou train , sal betaal , of my verwys na iemand , asb jou show die beste ooit was laat vir suppersterrre , asb asb ek weet ek smeek , maar help my asb vra groot asseblief

    dankie , God bless
  6. Marié
    2010/04/23 12:21:05 nm
    Patricia, jy is 'n inspirasie vir baie ander.Jou onselfsugtigheid en onbaatsugtigheid leer 'n mens weer van om die son oor ander ook te sien skyn.Jy is 'n voorbeeld vir so baie omdat jy nie jou sukses vir jouself hou nie, maar ook van ander sterre wil maak, en dit sal altyd van jou die grootste Superster van Suid-Afrika maak.Namens al die deelnemers wil ek vandag vir jou dankie sê dat jy aan ander die geleentheid bied om ook naam te maak.Ek stem saam met almal bo.....SUPERSTERRE MAG NIE EINDE KRY NIE!!!!!
  7. Elize Diedericks
    2010/04/17 06:10:48 nm
    Hi Patricia. Ek kan net se dankie Liewe Heer dat U haar gesond gemaak het. Jy is so n pragtige mense. God Bless jou en jou gesin.Sterkte met alles wat jy aanpak
  8. Elize Diedericks
    2010/04/17 06:07:40 nm
    Hi Patricia. Ek kan net se dankie Liewe Heer dat U haar gesond gemaak het. Jy is so n pragtige mense. God Bless jou en jou gesin.
  9. Mario Terblanche
    2010/04/09 08:59:36 nm
    Hi, Patricia.

    Die reekse sover is ongelooflik en ek wil net weet of daar volgende jaar 'n Supersterre 4 gaan wees. Ek gaan definitief nie weer uit mis om daarin deel te neem nie.

    Sterkte en dankie vir 'n great show!!!
  10. Adri
    2010/04/09 07:30:09 nm
    Jy was my ma se grootste ster en ek dink sy sou bly wees om te weet dit gaan goed
  11. SusaN
    2010/04/06 03:58:13 nm
    Patricia,
    Jy is vir my 'n inspirasie. Jy lyk nog steeds so pragtig soos toe jy heel eerste op die toneel verskyn het, Jy word nie ouer nie! net mooier.
    Wys jou wat deursettingsvermoe kan doen.
    Ek het agter my skildklierprobleme geskuil oor my gewig, maar nadat ek jou weer gesien het, het ek 'n heeltemal ander uitkyk wat my eetgewoontes betref., ek het besef dat my gewigsprobleem nie my onaktiewe skildklier is nie (ek ontvang behandeling) maar my slegte eetgewoontes. Ek het reeds begin gewig verloor deur selfbeheersing... alles nadat ek gesien het hoe goed jy lyk!!! Baie dankie vir die voorbeeld wat jy stel. Jy lyk pragtig en is baie vroulik. Sterkte met jou gesondheid.
    Ek
  12. maritza
    2010/03/25 01:09:10 nm
    Hey Patricia, wou net se dat ek die show baie geniet en dat ek nie kan wag om dit weer te kyk nie.Ons is mal oor jou en ek wens julle alle geluk toe vir die toekoms.Stuur groete vir almal daar by supersterre en hoop om julle show gou weer te sien.
  13. Tersia
    2010/03/15 06:24:49 nm
    Patricia ek wil vir jou en jou gesin baie sterkte toewens vir die toekoms. En asseblief kan ons nog 'n song soos HERO kry. Ek is crazy oor daai song, en jy mag maar nog soos paar song soos daai ene maak. Dit is STUNNING en jy sing hero so pragtig...........

    Baie Dankie

    Tersia
  14. marelize
    2010/03/02 08:29:37 nm
    liewe jan mulder

    skakel dan eerder jou tv af of skakel oor na n ander kanaal.
    nie net is casper n legende in suid afrika nie maar n fantastiese mens in die weklike lewe, ek kan nie wag om hom op supersterre te sien nie.
    dit maak my naar dat daar mense soos jy is wat net in hulle eie smaak belangstel, daar is miljoene ander mense wat aanhangers van hom is,so as jy nie van hom hou nie moenie kyk nie.patricia baie welkom terug meisie ons het jou gemis.!
  15. Rosetta
    2010/02/27 10:03:32
    Patricia ek bly nou in New Zealand vir die afgelope twee jaar en mis jou program verskriklik.Ek het dit nooit gemis nie en dis ook deur die misdaad dat ons ge-immigreer het.Ons mis Suid Afrika verskriklik en al die bekende dinge.Jy is my gebede en jy gaan sterker anderkant uitkom.Bly altyd so mooi van binne.
  16. Amanda
    2010/02/23 08:13:21 nm
    Sterkte Meisie.. Bly jy is gesond!
  17. Yolandi Coetzee
    2010/02/22 09:02:26
    Dankie vir die pragtige voorblad en artikel oor Patricia Lewis (Huisgenoot 18 Februarie 2010). Patricia, ek bid en vertrou dat die gewasse heeltemal sal verdwyn – niks is onmoontlik by Jesus nie.

    Dankie vir nog ‘n reeks van Supersterre – jy is waarlik ‘n “Idol” vir menigte jong talent om ook aan hul ‘n kans te gee en jou tyd, kennis en passie vir musiek met hul te deel. Tenspyte van die baie kritiek wat jy verduur, ís en bly jy ‘n Superster!

    Alle sterkte vir jou en jou gesin vorentoe.
  18. Marlene
    2010/02/21 08:25:08 nm
    Baie bly dit program is terug. Jy gun die son oor ander se kop skyn en jy ken die gevoel van "jou droom uitleef"! Jy skep geleentheid vir vele kinders al is dit net vir "selfvertroue" - ek weet dat jul ore ook maar tuit met die wat regtig nie kan sing nie maar glo my vir hul beteken die geleentheid ongelooflik baie. Ek is net oor een ding bly en dit is dat "Sê wie" nie weer een van die beoordelaars is - hy probeer 'n Simon of Randal wees maar misluk totaal. Sy kritiek maak veel eerder seer as wat Randal en Simon kan doen. Hul kennis is ten minste baie breed as dit my musiek en talent kom en hul kraak nie net af om "lelik" te wees nie. Die vorige reeks het gegrens aan "arrogansie" en soms "aggressie" van sy kant. Ek dink die deelnemers is verlig en seker self van die "afrigters". Sterkte vir jou en ek glo dit gaan heerlike kykgenot wees! Jy is te diplomaties en ek glo daarom het jy hom "verdra" tydens die programme?
  19. cheryl
    2010/02/18 11:41:44
    MOENIE opgee nie Patricia. Dit is jou show, moenie ophou om dit aan te bied en gedwing word deur due SAUK om iemand anders as aanbieder te gebruik nie. Die show sal nie dieselfde wees sonder jou nie. Moenie toegee aan politieke druk nie, maak soos Johan Stemmet. Jy het 'n super gewilde program, jy het sukses daarvan gemaak so GO FOR IT!! Jy gee baie kinders 'n kans om hulle droom te verwesenlik .. ek wens jou net sterkte toe!
  20. annamarie
    2010/02/18 10:49:17
    Ek hoop ook nie dat dit die laaste supersterre sal wees nie. Ek en my man het al vir Patricia ontmoet by die Prisedent Hyper by Krugersdorp en sy is die beste ek kannie haar sien sonder supersterre en glo net Patricia daar sal nog baie supersterre wees waar jy n aanbieder sal wees en sal sing sterkte vir jou
  21. Leon Hartman
    2010/02/17 10:26:07
    Patircia lewis jy Rock!!!

    Jy is 'n toonbeeld van sukses, en jy het vir ons gewys dat as mens regtig iets in die lewe wil hê, moet mens werk daarvoor, nes jy het. Ek was nog altyd 'n fan van jou musiek en volg jou loopbaan van 1997 af. Dit is lekker om te hoor dat supersterre weer terug kom, maar groot asseblief dit sal nie dieselfde wees met 'n ander aanbieder nie!

    Wil jy nie asseblief vir Suid Afrika 'n live dvd maak met jou grootste hits op nie, ek dink dit sal 'n top verkoper word. Alles wat mooi is vir jou

    Leon
  22. Nimiesia
    2010/02/16 09:07:03
    Patricia ons is so bly om jou weer op die kassie te sien.Jy is so pragtig en wil nie weer hoor dat jy rond is nie.Jy is so n voorbeeld vir baie vrouens en ek is een van hul.Ek kyk op na mense soos jy.dankie vir wie jy is.Jy's pragtig.
  23. Nella
    2010/02/15 12:11:01 nm
    Ek is bly dit aan beter en dat supersterre weer terug! Darem iets moois om na te kyk en te geniet. Hoekom hoor ons so min van die superster wenners op die lug? Kobus se nuwe cd is lieflik maar is nooit op die lug om na te luister ni! Waar is Shawn en die ander? Maak plan ons hulle ook kan sien en hoor want hulle word afgeskeep.
  24. Antionette
    2010/02/15 11:37:19
    Ek was soooo bly om haar op die voorblad te sien. Sy was hopeloos te lank stil. Hopelik hoor ons nou weer meer van haar. Baie bly om te hoor dat dit nou beter gaan met haar.
  25. Maxie
    2010/02/15 11:21:36
    Ek stem saam dat Casper se humor nie almal aanstaan nie, maar Niekie se sarkasme het ook nie lekker gewerk nie! Ek kan nou nog nie glo hoe "naar" hy met Nicolas Louw was nie. Kom ons gee Casper n kans
  26. dinaP
    2010/02/14 07:44:46 nm
    bly jy is terug!
  27. Wonder net
    2010/02/14 07:44:11 nm
    Sjoe, Patricia jy het darem vinnig herstel! Dog ons gaan nooit weer jou stem hoor nie.
  28. Elmarie
    2010/02/14 05:48:28 nm
    Suid Afrikaners het tog 'n kampvegter nodig, en waarom nie op die gebied van sang nie. Afrikaanse sang. Patrica, jy lyk so goed op die voorblad, gelukkig, en in beheer, kan jy daardie "iemand" wees? Selfs my 'anti afrikaanse' dogter in matriek bewonder jou nou soveel meer in die pragtige rokke wat jy aanhet. Wie is jou ontwerper?
  29. Jan Mulder
    2010/02/13 01:56:04 nm
    Welkom terug aan Patricia en haar Supersterre! Maar kon ons nie asseblief Casper de Vries en sy irriterende "humor" gespaar gewees het nie? Die mannetjie probeer snaaks wees maar hy is dit glad nie. Moet ek nou Supersterre afskakel om hom nie te sien nie?
  30. gerda
    2010/02/13 11:26:28
    Prys die HERE ! ! ! ons is so bly saam met jou en jou gesin. Alles van die beste voorentoe.
  31. Denise R
    2010/02/13 10:01:06
    Patrica jy lyk beter as ooit. Asemrowende uitrustings! Jy is 'n inspirasie vir soveel vroue!
  32. Alta Jonker
    2010/02/12 03:10:34 nm
    Patricia jy is pragtig en is 'n voorbeeld vir al ons jongmense
  33. Carina
    2010/02/12 02:30:43 nm
    Patricia rock!
  34. Nenna
    2010/02/12 02:10:10 nm
    Sterkte met jou gesondheid en loopbaan vorentoe. Jy het baie beteken vir die Afrikaanse musiek industrie.
  35. Reinard Blom
    2010/02/12 11:09:10
    Supersterre mag nie klaarmaak nie!!! Al sê Patricia, "dit gaan dalk ook die laaste Supersterre-seisoen wees waarin sy self die aanbieder is", kan iemand anders mos in haar plek die aanbieder wees of hoe? AVA Studios Record Company gaan my volgende jaar inskryf vir die nuwe Supersterre 4 waarin ek my droom kan uitleef. Asseblief! Supersterre mag nie 'n einde hê nie! Reinard Blom Klerksdorp