Ons kuier by Laurika Rauch

Daar’s mín plekke waar haar musiek nie geluister word nie. Van Kaapstad tot Pretoria, Peddie tot Pofadder, al teen die Weskus langs en op die vlaktes van die Groot-Karoo, oral spoel Laurika Rauch se stem al die afgelope drie dekades deur al wat ’n Afrikaanse huis is.

Maar in haar eie huis hier in Pretoria is daar meestal – eintlik amper altyd – stilte. Jy hoor die wind in die bome, sonbesies wat buite tjir, voëls wat mekaar roep, die veraf geluide van die stad se rumoer.

Hier binne, hier waar die legendariese sanger woon en werk, is die plek waar melodieë gebore word, waar Laurika se man, die afgetrede ekonomieprofessor en liedjieskrywer Chris Torr, maande lank aan lirieke skaaf. Dis ’n ruimte waar gedagtes en verhale lewe kry, ’n plek waar onvergeetlike liedjies hul eerste bestaan kry.

Die twee se 22-jarige kunstenaar-dogter, Nina, het onlangs vir haar ma ’n iPod present gegee en sy het spesiaal vir Laurika liedjies daarop gelaai sodat sy snags, wanneer die slaap dalk wegbly, daarna kan luister. “Ek luister ook radio of klassieke musiek in die motor, maar in die huis is daar altyd totale stilte,” sê die sanger met die geheimenisvolle Mona Lisa-glimlag waar sy haar vroegoggend in ’n sonkol op haar stoep tuis-maak.

Sien meer foto's en lees die volledige artikel in die uitgawe van 18 Maart.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (7)


  1. Meryl
    2010/05/05 12:53:58 nm
    Laurika, ek is baie lief vir jou musiek, en is so bly dat ek die voorreg het om jou te sien sing, al is dit net op die skouspel uitsending op tv. Maar jou musiek kruip diep in my binneste. Goed gaan uit Pretoria Noord Oos
  2. Nico
    2010/04/24 09:45:36 nm
    Wat 'n wonderlike verrassing! Ek is regtig baie bly oor die vars rubriek van Laurika. Was nog altyd 'n bewonderaar van Laurika vanaf my kinderdae.
  3. Annette de Lange
    2010/04/08 03:27:26 nm
    Wat 'n voorreg om jou te kon sien by Skouspel in die Kaap.... Jy en Kurt het my hartsnare darem erg geroer. Hoet so voort... Groete uit die Kaap
  4. Hettie
    2010/03/31 12:56:34 nm
    Laurika. Jy is 'n wonderlike vrou en geseen met die pragtigste stem in die hele wereld. Dankie
  5. Arlene
    2010/03/17 01:32:09 nm
    Ek het die ander dag Skouspel 10 vir die eerste keer gehoor toe my vriendin die dvd saam haar terug gebring het Qatar toe na 'n kuier in Suid-Afrika. Laurika ek sal nooit moeg word vir jou musiek nie en dis altyd vir my die lekkerste om na jou CD's te luister dan pik ek sommer 'n traantjie na die verlange na Suid-Afrika en die goeie ou dae, toe jy, Clarika, Bless, Sonja Harold en al die original sangers altyd te hore was. Julle het Afrikaanse Musiek begin en die nuwe mense moet maar alles gee om ooit te kom waar julle was.

    Die liedtjie AF AF AF (ek dink) wat jy saam Kurt Darren gesing het is my gunsteling ek gee jou 'n staande applous want jy die liedjie gemaak daai liedjie moes vir jou geskruif gewees het.

    Nou se ek totsien want dis terug na werk hier in die sandpit van Qatar en ek tel die dae tot ek weer in my geliefde SA sal wees en nog van jou CD's kan koop.

  6. JOOP VENTER
    2010/03/16 11:54:40
    LAURIKA BLY SING EN SING BLY. AS CHRIS AL AFGETREE HET IS EK VREK OUD.ONS WAS ALBEI BY UDW. GROETE
  7. Cynthia
    2010/03/16 09:54:49
    Mooi Laurika, hou so aan, is mal oor jou musiek
Jou naam: Jou e-posadres:

Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou. Built by Blueworld Communities